Local newsNewsNews

Geld en geleentheid op spel vir liedjieskrywers

Lê daar ’n liedjie in jou laai wat jy heimlik dink die volgende Stuur groete aan Mannetjies Roux kan wees? Of dalk ’n Kaptein, span die seile? Dan is dit tyd om dit uit die laai op te diep en in te skryf vir GROOT Ontbyt Innibos Kunstefees Liedjie inni laai-kompetisie.

Die wenprys is R10 000 kontant. Daarby sal die wenliedjie professioneel vervaardig word as ’n enkelsnit, en gesing word deur ’n bekende Suid-Afrikaanse musiekkunstenaar op die hoofverhoog wanneer die volgende Innibos Kunstefees in Mbombela gehou word afhangend van Covid 19-regulasies.

Andy Lubbe, feesdirekteur van Innibos, sê die vermaakbedryf in Suid-Afrika is besonder erg gekniehalter deur die Covid-19-pandemie.

“Tog het dit kunstenaars en liedjieskrywers gedwing om diep te delf in hul kreatiwiteit en is daar skeppende werk van hoogstaande gehalte. Die GROOT Ontbyt en Innibos Liedjie inni laai-kompetisie wil opkomende en gevestigde kunstenaars die kans bied om hul liedjies na die professionele arena te bring. Ons sien uit na ’n ryke liedjieskat!”

Amateur en professionele liedjieskrywers en musikante kan vir dié opwindende kompetisie inskryf. Liedjies kan in enige genre wees, maar moet die skrywer se eie komposisie en pennevrug wees, en in Afrikaans.

Indien die liedjieskrywer nie self ’n vaardige sanger is nie, kan hy of sy die hulp inroep van iemand wat die noot kan hou, hoewel die prysgeld slegs aan die liedjieskrywe toegeken sal word.

Inskrywings het op Donderdag, 15 Julie, geopen en sluit 20 Augustus. Die wenner word reeds op 31 Augustus aangekondig.

Die kriteria waarvolgens die liedjies beoordeel word, is oorspronklikheid, inhoud, liriek en melodie. Die wenliedjie sal gekeur word deur ’n paneel suksesvolle sangers/liedjieskrywers, die programsamesteller van Innibos Kunstefees, asook verteenwoordigers van die musiekvervaardiger, The Hit Factory, en GROOT Ontbyt.

Kry die volledige kompetisiereëls en hoe om in te skryf by www.innibos.co.za of stuur ’n e-pos aan mariolise@innibos.co.za.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button