Local newsNewsNews

Swak hantering van onluste ‘n reuse terugslag vir beleggersvertroue

Die onbeholpe hantering van die onluste-situasie deur die ANC-regering en sy wetstoepassingsagentskappe in KwaZulu-Natal en Gauteng die afgelope week, het beleggersvertroue in Suid-Afrika ‘n ernstige knou toegedien.

Mediaverklaring deur: Jaco Mulder (VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Handel, nywerheid en mededinging)

Talle maatskappye, waaronder Toyota, wat groot skade gely het nadat infrastruktuur afgebrand is, voorraad gesteel is en die blokkering van hoofweë die vervoer van goedere verhinder het, heroorweeg tans verdere investering in KwaZulu-Natal en die res van die land.

Die ruimte vir groei wat geskep is deur die opwaartse groei wat kommoditeite beleef het, sal geabsorbeer word deur ondersteuning  aan ondernemings en om die verlies aan werksgeleenthede teen te werk.

Die regering sal waarskynlik die spesiale Covid-19-verligtingsbystand van R350 per maand herinstel teen ‘n koste van sowat R30 miljard per jaar vir 6.9 miljoen volwassenes.

Indien die regering ‘n basiese inkomste subsidie/toekenning sou instel om armoede te verlig, kan dit op die korttermyn politieke stabiliteit bevorder, maar op medium- tot langtermyn die ekonomie verder benadeel omdat ‘n minimum bedrag van R585 per maand aan 22.5 miljoen werklose volwassenes die staat se welsynsrekening teen ‘n koste van R160 miljard per jaar sal laat verdubbel.

Die regering sal in so geval gereduseer word tot ‘n belasting-oordragkantoor wat by ‘n gebrek aan ekonomiese groei die toekennings slegs sal kan volhou met gereelde verhogings in belasting.

Die ANC regering sal sy swak ekonomiese beleidsrigtings moet laat vaar om daadwerklik die ekonomie te laat groei as enigste volhoubare maatreël om armoede te verlig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button