Local newsNewsNews

Gewonder wat is ‘n spesie-henglaar? Lees hier

Etiek is een van die grootste kenmerke van die spesie-hengelaar - lees meer oor wat dit alles behels.

SASOLBURG. – Die tonge was los toe Vaalweekblad verlede week ‘n berig oor plaaslike spesie-hengelaar, Johann Hinrichsen, gepubliseer het na sy reuse sukses by die viswaters.

Johann het vir ‘n paar dae by vriende in die Vrystaat op ‘n plaas gaan kuier en die tyd gebruik om te hengel. Oor die tydperk het Johann onder meer vier reuse-karpe van tussen 14 en 16 kg uitgetrek. (Die dam is nie oop vir die publiek nie).

Baie lesers was bekommerd oor die visse en wou weet of hy hulle weer vrygelaat het. Die antwoord is: ja.

Hier is die nodige inligting om te verduidelik wat ‘n spesie-hengelaar is.

Johan Wessels, ‘n bekwame spesie-hengelaar verduidelik dit so:

Etiek is een van die grootste kenmerke van die spesie-hengelaar; en hierby word bedoel dat hy sy mede-hengelaars, omgewing en sy vangste ten alle tye met respek hanteer.

As hengelaar is die spesie karp hengelaar altyd op soek na groter en beter en elke sessie word ‘n missie om sy persoonlike beste te verbeter.

Spesie karp hengel gaan oor die bewaring van groot vis. Dit is logies dat as ons mooi na ons groot karp kyk, hulle nog groter sal word. Dus moet ons uit ons pad gaan om te verseker dat die gerei wat ons gebruik van die beste gehalte en so vis-vriendelik moontlik is.

In die spesie karp hengelaar se arsenaal sal jy altyd die volgende noodsaaklike toerusting vind: ‘n spesie skepnet, loslaat mat (unhooking mat), klein langbek tangetjie, weegsak, akkurate skaal wat tot minstens 35kg kan weeg, antiseptiese middel doelgemaak vir vis en natuurlik ‘n kamera. Hierdie toerusting is van die uiterste belang om “Carp Care” te bevorder.

Johann Henrichsen met nog een van die reuse karpe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button