Local newsNewsNews

John Marshall verloor stryd teen Covid

VEREENIGING. – Die Vaaldriehoek is in rou gedompel nadat John Marshall (71), een van sy lieflingseuns en invloedrykste sakemanne, vroeg vanoggend sy stryd teen Covid verloor het. Marshall was die afgelope ses weke in die hospitaal. Hy het diep spore in die Vaaldriehoek as ontwikkelaar, sakeman en avonturier getrap. Sy menslikheid en ope hand sal …

VEREENIGING. – Die Vaaldriehoek is in rou gedompel nadat John Marshall (71), een van sy lieflingseuns en invloedrykste sakemanne, vroeg vanoggend sy stryd teen Covid verloor het.

Marshall was die afgelope ses weke in die hospitaal. Hy het diep spore in die Vaaldriehoek as ontwikkelaar, sakeman en avonturier getrap.

Sy menslikheid en ope hand sal altyd onthou word. Hy was by verskeie organisasies en instansies betrokke en het ‘n verskil in baie mense se lewens gemaak.

Hy was ‘n dromer en goeie sakeman wat nie nee vir ‘n antwoord geken het nie. As hy besluit het om iets te doen kan jy maar verseker wees hy gaan dit vermag.

Al verg dit jare se bloedsweet en ontbering. Rus in vrede die Vaaldriehoek is armer sonder jou. 

*Vaalweekblad wil hul medeleye en innige simpatie aan die Marshall-gesin, familie en vriende oordra.

Daar sal in die volgende uitgawe van Vaalweekblad ‘n vollediger storie verskyn.

John Marshall (blou hemp) het diep spore in die Vaaldriehoek getrap. Sy groot passie was om te reis en hy was ‘n selferkende avonturier. Hy was ook by verskeie organisasies en instansies betrokke wat uitsonderlike werk in die Vaaldriehoek gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button