Local newsNewsNews

Kunstige foto-versameling om week af te sluit

Die fotograwe deel vandag 'n skitterende kuns-versameling. Baie welkom ook aan Marius Ludick van Vanderbijlpark wat vandag sy eerste foto op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel.  Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.

Die 56ste fotoblad verkyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (21 Julie). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.

Albertus Kriel van Vereeniging het die treffende foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.
John van Schalkwyk van Johannesburg het die pragtige foto geneem.
Thelma Ziemons van Henley on Klip het die pragtige foto ‘n paar jaar gelede in die Suikerbosrand Natuurreservaat geneem.
Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto geneem.
Marius Ludick van Vanderbijlpark het die pragtige foto in Muizenberg geneem. Dit is die eerste foto wat Marius op die blad deel.
“Sungai Johor Bridge” – Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die kunstige landskap foto op Riversong-plaas geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die monochroom foto geneem.
George Stevens van Vereeniging het die skitterende foto van ‘n Swartborsslangarend in vlug in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die kunstige foto geneem.
Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto in die Hluhluwe Imfolozi-natuurreservaat geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die pragtige monochroom foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Jacques le Roux (Omega Photography) van Heidelberg, het die pragtige monochroom foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die skilderagtige foto op Riversong-plaas geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto geneem. Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Karin Cronjé van Andorra het ook die kunstige monocrhoom foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in KwaZulu-Natal geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige monochroom foto geneem.
Monique Ackerman (oud-Sasolburger) – (Mystic Balance Photography) – van Winkelspruit, KwaZulu-Natal het die oulike foto geneem. Kontak haar gerus by 064 489 0284.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
Leilani Röhrs van Vaalpark het die mooi modelfoto van haar dogter gene
Rika van der Walt (oud-Valie) van Ellisras het die treffende foto geneem.
June Bartlett van George het die pragtige foto geneem. June spesialiseer in kinderfotografie en familiefoto’s. Besoek gerus haar Facebookblad JDL Photography.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Rozan Koen (Prism Prime Photography) van Vaaloewer het die mooi foto geneem.
Sonja Kramer van Vanderbijlpark (Fantastic Flashes) het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus op 082 7025 243.
Antoinette Smit (A-Infinite Photography) van Meyerton het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 078 955 7925.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button