Local newsNewsNews

Solidariteit help leerlinge om die wa deur die drif te trek

Solidariteit Jeug het ʼn plan bekend gemaak om leerlinge met vak-, loopbaan- en beroepskeuses te help. “Beroepstoer” word daagliks om 17:00 op ʼn geslote Facebook-groep uitgesaai.

Dit volg nadat die Covid-19-pandemie en die staat van inperking ʼn groot impak op skole gehad het wat onder meer meegebring het dat leerlinge sedert Maart 2020 slegs beperkte toegang tot onderrig en leiding gehad het, veral wat betref die neem van besluite oor hul toekoms.

“Die pandemie het nie net die akademie ontwrig en leerlinge onder geweldige druk geplaas nie, maar ook die toegang tot ondersteuning wat leerlinge op skool ten opsigte van vak- en loopbaankeuse ontvang, ontwrig. Dié ondersteuning is egter ʼn kardinale deel van elke kind se opvoeding en is in baie gevalle die bepaler van daardie leerling se toekoms.

“Met die aanbreek van die derde vlaag het Solidariteit Jeug besluit om in te spring om leerlinge met hierdie belangrike besluite by te staan,” sê dr. Juran van den Heever, hoof van Solidariteit Jeug en loopbaanontwikkeling.

Met die aanbreek van die derde vlaag het Solidariteit Jeug sy skaduwerkprogram vir matrieks na ʼn aanlyn platform geskuif.

Dit het die afgelope week reuse sukses behaal. Die reeks, “Beroepstoer”, word daagliks om 17:00 op ʼn geslote Facebook-groep uitgesaai.

Elke aand word ʼn tema behandel waar drie tot vier kenners binne daardie beroepe met leerlinge oor die spesifieke beroep gesels. Leerlinge en ouers kan vrae vra en meer inligting bekom.

Volgens Solidariteit Jeug sal hy ook sy projek om matrieks in skaduwerkposte te plaas, hervat sodra Covid-19-regulasies verslap word.

Hierdie projek behels dat matriekleerlinge vir ʼn dag of twee by werkgewers geplaas word om werklike beroepservaring op te doen.

Solidariteit Jeug sal in Augustus sy projek om graad 8’s en 9’s op ʼn soortgelyke wyse oor verskillende vakke in te lig, loods.

Kenners sal elke aand vir weer twee weke lank die onderskeie vakgebiede bespreek en die leerlinge meer vertel oor watter deure die betrokke vakke vir hulle kan oopmaak, wie in die spesifieke vakke sou belangstel en wat dit behels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button