Die fotograwe bederf lesers vandag met pragtige natuurfoto's. Twee nuwe fotograwe maak ook vandag hul buiging: Christo Meintjes van Pretoria en Yvonne de Koker van Bloemfontein.
Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto in die St Lucia Wetland Park geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.
Die 57ste fotoblad verkyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (28 Julie). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Fransie Stevens van Vereeniging het die mooi foto in die St Lucia Wetland Park geneem.Christo Meintjes van Pretoria het die pragtige foto geneem van ‘n swart suikerbekkie wat die sap van ‘n aalwyn blom geniet. Dit is die eerste foto wat Christo op die blad deel.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die pragtige foto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.“Coming in for landing” – Yvonne de Koker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die pragtige foto geneem. Dit is die eerste foto wat Yvonne op die blad deel.“Die woud het ore….” – Marna Nel wat voorheen in Sasolburg gebly het, maar nou in Napier, Nieu-Seeland woon, het die pragtige foto in Hawkes Bay geneem.George Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Gryskopmeeu op die strand in St Lucia geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.John van Schalkwyk van Johannesburg het die pragtige foto geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige natuurfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai het die mooi foto geneem.Monique Ackerman (oud-Sasolburger) – (Mystic Balance Photography) – van Winkelspruit, KwaZulu-Natal het die oulike foto geneem. Kontak haar gerus by 064 489 0284.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi natuurfoto by die Askari Game Lodge geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die kunstige landskap foto in Desaru geneem.Antoinette Smit (A-Infinite Photography) van Meyerton het die mooi foto geneem. Kontak haar gerus by 078 955 7925.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die kunstige landskap foto op Riversong-plaas geneem.Deoné de Ponselle van Meyerton het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto op Riversong-plaas geneem.Eleanor Ungerer van Vereeniging het die mooi foto op Illovo Strand geneem.Elsje Vermeulen het die mooi foto van die sebras in die EcoPark in Vaalpark geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto geneem. Dit is nou somer daar. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za