Local newsNewsNews

‘Baadjies aan Bome’ in Vaal

Baadjies aan bome / Free on a tree is ’n gemeenskaps-omgee-projek waar alle Suid Afrikaners uitgenooi word om op 31 Julie (en selfs daarna) hul ou of ekstra baadjies, jasse, serpe of enige warm klere aan die bome in hul gemeenskap te hang. Valies word dus ook genooi om in die inisiatief te deel.

Madeleen van den Berg en Ina Botes het vanjaar die ergheid van armoede in ons land opnuut besef. Dit het op hul harte gedruk om hierdie winter iets vir die haweloses te doen.

Op die internet vind hul danksy Oliver Edwards van Australië, inspirasie met sy gemeenskaps-projek “free-ona-tree” waar hy baadjies aan die bome gehang het, vir die haweloses om te neem.

En net daar het Madeleen en Ina besluit om hierdie prag-idee Suid Afrika toe te bring.

Die baadjie kry ’n kaartjie by en minder bevoorregdes is welkom om die baadjie te neem en te gebruik.

Ina se woorde is ook treffend: “in hierdie tyd van absolute nood, letterlik en figuurlike koue, is dit tyd om weer te deel. Al is ons moeg, kan ons nog ’n bietjie gee en iemand se winter warmer maak.”

Hulle wens vir die projek is dat nog meer mense oor die land sal inkoop en dat al die baadjies aan bome die 31ste ’n ketting-reaksie sal hê.

Die kaartjie wat saam met die baadjie of warm kledingstuk gelos kan word.
Die twee dames wat die projek in SA afgeskop het, Madeleen van den Berg en Ina Botes.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button