Local newsNewsNews

Projek opgedra aan Vaalweekblad-joernalis

Ons het die #abrushoflove projek afgeskop wat aan Vaalweekblad-joernalis, Gerda Bruinette wat Covid-19 onder lede gehad het, opgedra word. Sy is ‘n ongelooflike mens en joernalis.

#abrushoflove – Hoop is soos ‘n opkikker, dit verhef mense bo depressie. Die kleur van hoop is verblindend en helder.

Ek het die voorreg gehad om Maandag saam met Jeané van Dam, ‘n finalis in die Miss Grand South Africa-kompetisie en Eugene van Coffee Lift, ‘n pad van vreugde te kies.

Ons het begin deur by Jenny, wat naartjies op die hoek van Beethoven- en Deliusstraat verkoop, te gaan inloer.
Met ‘n groot glimlag het Jenny ons geleer dat geloof alles moontlik maak, nie maklik nie … maar moontlik.

Ons glo dat geloof die enigste lig is vir ons dorp en ons land.
Vrees laat die wolf groter lyk as wat hy is, maar Jeané glo om goed te doen op elke manier wat vir jou moontlik is, op elke plek waar God jou bring, aan alle mense, so lank as wat jy kan.

Eugene is ‘n lewendige voorbeeld van hoop, sy entoesiasme oor die lewe beeld uit dat daar hoop is as jy die musiek van more kan hoor.

Ten tye van die pandemie kan ons mekaar nie meer vertroos of aanraak nie, maar ‘n besem het dit weer moontlik gemaak. Jenny het van oor-tot-oor geglimlag toe Jeané haar ‘n “drukkie” gee terwyl Eugene haar met ‘n warm koffie bederf het.

Dankbaarheid skep ‘n glimlag en word ‘n gawe. Ons daag almal uit om met ‘n besem te begin rondry en op so ‘n manier steeds omgee, liefde en troos te kan deel.

#abrushoflove- Jeané gewapen met ‘n besem (voor), Nadine en Eugene.
Jenny kry haar lekker bederf koffie van Eugene (Coffee Lift).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button