Local newsNewsNews

Polisie gevra om nouer saam te werk met burgerlike veiligheidstrukture

Die VF Plus het gister tydens ‘n oorsigbesoek aan Sebokeng in Gauteng die belangrikheid van gemeenskappolisiëringforums benadruk en die Gautengse polisie aangemoedig om nouer saam te werk met burgerlike veiligheidstrukture.

Mediaverklaring deur: Kobus Hoffman (VF Plus-LPW: Gauteng)

SEBOKENG. – Die gemeenskap-veiligheidsportefeuljekomitee van die Gautengse wetgewer het in Sebokeng vergader waartydens die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, ‘n oorsigverslag oor die onlangse onluste en plundery in provinsie gelewer het.

Die VF Plus is van mening dat sonder die samewerking van private sekuriteitsmaatskappye en burgerlike veiligheidstrukture, die Gautengse polisie onder verdere druk sou verkeer het om onluste in die provinsie in bedwang te bring.

Die party het ook reeds in die verlede die polisiekommissaris gewaarsku om polisielede beter toe te rus en op te lei om burgerlike anargie te bekamp.

Die Gautengse intelligensiedienste het voor en gedurende die onluste teleurgestel wat gelei het tot 68 voorvalle in Ekurhuleni, Johannesburg, Tshwane, Sedibeng en die Wes-Rand waartydens 23 winkelsentrums geplunder is.

Tydens die onluste is 26 polisielede, 13 Ekurhuleni- (waarvan een dood is), 14 Johannesburg-metropolisielede en een metropolisielid van Tshwane beseer.

Die polisie se ‘Reclaim the loot’-operasie in Gauteng het die volgende vermoedelik gesteelde items teruggevind:

Elektriese ware (stowe, yskaste, vrieskaste ens.): 1 889

Ander items ( meubels, gereedskap, boumateriaal): 3 096

Voertuie, motorfietse en onderdele: 290

Kontant: R187 985

Drank: 12 500 liter

Vinnige en doeltreffende samewerking tussen alle veiligheidsektore is van uiterste belang om toekomstige onluste en plundery af te weer en seker te maak dat landsburgers beskerm word.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die polisiekommissaris plaas om voorkomend op te tree en nie soos met die onlangse onluste onkant betrap te word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button