Local newsNewsNews

Heidelberg se ingange veiliger gemaak

Vaaldriehoekers wat gereeld na Heidelberg reis sal bly wees oor die nuus dat die AfriForum-tak in Heidelberg op 31 Julie, as deel van hulle nasionale massapatrollie, twee gevaarlike ingange na Heidelberg beveilig het deur katogies op die pad aan te bring.

Daar vind gereeld ongelukke by die een ingang na Heidelberg – van Nigel se kant af – plaas waar die pad verdeel. Die Heidelberg-tak het hierdie aansluiting veral ’n prioriteit gemaak aangesien daar al soveel mense in ongelukke by dié kruising gesterf het.

Die tak het ook katogies aangebring by die Overkruin-en-Louwstraat-aansluiting wat ook gevaarlik is. Dié katogies herlaai bedags deur sonpaneeltjies en flikker snags om padgebruikers bewus te maak van die aansluitings.

Volgens Willem Sprong, takvoorsitter van die Heidelberg-tak, is dit vir die taklede ’n voorreg om deel te wees van ’n span wat ’n verskil in die omgewing maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button