Local newsNewsNews

Ané nie in Mej. SA Top 10 nie, maar Vaal steeds trots!

VANDERBIJLPARK. - Hoewel die pragtige Ané Oosthuysen (23) se Mej. Suid-Afrika 2021 drome gister tot 'n einde gekom het na sy nie in die Top 10 ingesluit is nie, wil Vaalweekblad namens die gemeenskap vir Ané sê: Ons is bitter trots op hoe ver jy wel gevorder het en dankie vir die pragtige rolmodel wat jy vir ander jong dames is.

Dit was voorwaar ‘n hoogtepunt om die Top 30 te haal. Ané was vanaar die streek se enigste vaandeldraer en ‘n puik ambassadeur.

Sy is geen onbekende in skoonheidskringe nie. Die pragtige donkerkop was ook Mej. Vaal 2020 en is baie betrokke in die plaaslike gemeenskap.

Ané is tans werksaam as ‘n assistent-onderwyser by ‘n laerskool terwyl sy verders studeer. Sy spog ook met ‘n BA-graad in Sielkunde en Sosiologie, asook ‘n honeursgraad vir Sielkunde en Mediese Sosiologie wat sy by NWU (Noordwes Universiteit) verwerf het.

Ané het gister hierdie boodskap op haar Facebookblad gedeel, kort na die aankondiging van die Top 10:

“As I am typing this post, I feel overwhelmed with feelings of absolute gratitude and love. Even though my Miss South Africa journey has come to end, I can’t help but feel so proud and content with what I have been able to achieve during the past few months.
 
“By putting yourself out there and allowing yourself to grow can be so rewarding and I am so grateful that I took the leap of faith to do exactly this.
 
“To every single person who followed in my journey, all I can say is THANK YOU. It was the greatest honour to share a little part of who I am with you, and I will continue to shine my light and be a beacon of hope to those around me.
 
“The people of South Africa is, and always will be, one of my greatest inspirations and I am ready now more than ever to serve you.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button