Local newsNewsNews
Sterrekyk-naweek op Deelfontein
Die maandelikse sterrekyk-geleenthede op Deelfontein is in Julie deur Covid-19 in die wiele gery, maar hierdie naweek vind die aanbiedings op Saterdagaand en Sondagaand (7 en 8 Augustus) om 19:00 plaas.

Basiese inligting oor planeet- en sterrebewegings word vooraf in die seminaarkamer langs die sterrewag verduidelik. Daarna word die groot 12-duim Meade-teleskoop en `n 8-duim Newton-teleskoop ingespan om die naghemel nader te bring.
Die uitstappie word soos gewoonlik deur Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika gelei. Kom voorbereid vir die koue met warm klere, skoene, en `n mus.
Padaanwysings na Deelfontein en die koste is op www.deelfontein.co.za beskibaar. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za as jy wil bywoon.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
