Local newsNewsNews

279 sake van gesteelde polisie vuurwapens en ammunisie

Die Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, het op ʼn skriftelike vraag van die VF Plus bevestig dat duisende rondtes ammunisie en 107 vuurwapens van die polisie en metropolisie gedurende Julie 2020 en Junie 2021 as vermis of gesteel aangemeld is.

Mediaverklaring deur: Kobus Hoffman (VF Plus-LPW: Gauteng)

Die VF Plus is bekommerd oor die groot aantal gesteelde ammunisie en vuurwapens van die polisie en metropolisie in Gauteng en oor die sterk moontlikheid dat dit in die hande van misdadigers kan beland.

Tans word 279 sake ondersoek waar polisielede se wapens en ammunisie gedurende gewapende rooftogte gesteel is of uit kluise vermis word.

In Gauteng word 84 polisielede ondersoek. Vuurwapens wat verlore is, sluit in een haelgeweer, 4 R5-gewere en 274 pistole. Daarmee saam is 1 668 R5-rondtes, 575 haelgeweer-rondtes en 1 644 9mm-rondtes vermis.

Twaalf lede is reeds skuldig bevind, een se diens is opgeskort en 11 het finale waarskuwings ontvang. Die res word ondersoek.

Tien lede van die Ekurhuleni-metropolisie het hul pistole en ammunisie as gesteel aangemeld. Die sake word nog ondersoek. Tien lede van die Tshwane-metropolisie het hul 9mm-pistole en ammunisie as gesteel aangemeld.

Agt sake word ondersoek en in twee sake word die finale uitslag ingewag. Drie Gauteng-verkeerspolisielede het hul pistole en 45 9mm-rondtes as gesteel aangemeld.

Van die lede se vuurwapens was tydens ʼn kaping geroof. Hierdie situasie is duidelik ‘n bewys van swak bestuur, beheer en dissipline en daar sal daadwerklik opgetree moet word.

Dit is juis van hierdie soort wapens wat gesteel of verdwyn het wat veral in transito-rooftogte en selfs plaasaanvalle gebruik word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button