Local newsNewsNews

Besigtiging van Vereeniging Klipkerk én skildery

Die Klipkerk in Vereeniging is pragtig en histories en beslis waardig om as kunswerk geskilder te word. At Botha (bekende akteur en skilder) het 'n pragtige kunswerk geskilder wat binnekort 'n nuwe eienaar gaan kry.

At het goedhartig ingestem om dié pragtige kerk vir die NG Welsyn in Vereeniging te skilder. Die skildery is voltooi en sal binnekort opgeveil word ten bate van die welsyn.

At in samewerking met die welsyn bied op 21 Augustus tussen 10:00 en 12:00 ‘n geleentheid vir besigtiging van die skildery by die Klipkerk (30 Hofmeyerstraat, Vereeniging).

Ingang is slegs ‘n donasie wat aan die NG Klipkerk gaan vir die regmaak van die kerk se dak.

Die besigtiging sluit in, tee/koffie, ‘n toer van die kerkgebou binne, ‘n bietjie geskiedenis oor die kerk, asook die besigtiging van die skildery wat binnekort op veiling verkoop sal word.

Akteur en skilder At Botha.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button