Het jy al jou Loslitdag-plakker gekry?
Ondersteun Eureka Skool vir kinders met verstandelike en fisiese gestremdhede deur 'n Loslitdag 2021 plakker te koop.

VEREENIGING. – Loslitdag 2021 word hierdie jaar gevier op 3 September.
Hierdie jaar se tema is “Courage and Kindness”.
Die dag word sedert 1995 jaarliks gevier om meer bewusmaking van persone met gestremdhede te skep.
Die Eureka skool in Vereeniging ondersteun elke jaar die besonderse dag en vra Vaaldriehoekers om hul asseblief te ondersteun.
Volg net die skakel, https://casualday.co.za/eureka.school en koop jou elektroniese plakker in ‘n paar maklike stappe.
Jou naam verskyn op die digitale plakker en word per e-pos na jou gestuur.
Deur aankope op die spesifieke skakel te doen ondersteun jy dan ook Eureka Skool, aangesien ‘n gedeelte van die verkope na die skool gaan.
Skakel gerus vir Anna-Marie op 083 440 1025 vir meer besonderhede of om fisiese plakkers te bestel.
Die koste per plakker beloop R20. Daar is ook verskeie ander items wat vooraf op die webtuiste bestel kan word.
Dit sluit armbande, pette en T-hemde in.
