Local newsNewsNews

Vaaloewer-gesin dankbaar vir hulp na huisbrand

VAALOEWER. - ‘n Gesin wie se huis onlangs in Dassiestraat afgebrand het, was verstom oor die goedhartigheid van ander inwoners wat hulle bygestaan en selfs van ‘n tydelike woning voorsien het.

“Ons het kos, komberse, alles wat jy aan kan dink ontvang. Ons kon dit nie glo nie en weet nie hoe om genoeg dankie te sê nie,” sê Janine Fourie.

Die gesin het op 23 Julie rustig geslaap, min wetend dat hul huis besig was om te brand. Teen die tyd dat hulle dit besef het, het hul net genoeg tyd gehad om buite na veiligheid te vlug.

“Toe ons buite terugkyk na die huis was dit net vlamme, dit het gelyk of die huis al vir ‘n halfuur aan die brand was,” vertel Janine.

“Dit het gevoel of ek wou mal raak. Om alles wat jy besit voor jou oë sien vernietig word was verskriklik. “Ons het letterlik alles verloor. Die motors was gelukkig gered danksy die gemeenskap wat die motors na veiligheid gestoot het”.

Janine en Pieter Fourie saam met die kinders voor hul woning wat afgebrand het.

Niemand van die gesin is ernstig beseer nie, maar hulle het baie rook ingeasem en hul moed was in hul skoene.

Saterdag toe die gesin by die bure oorkant hul afgebrande woning sit en wonder wat hul nou te doen staan, het daar ‘n vrou opgedaag en aangebied dat die gesin in haar leë woning in Vaaloewer kan bly totdat hul eie huis weer gebou en woonbaar is.

“Dit het onwerklik gevoel, dit was asof ons in ‘n droom was, want terwyl ons daar by die leë huis was begin mense opdaag. Die een bring ‘n wasmasjien, daai een bring ‘n yskas, ‘n bed, kos, ‘n ketel, selfs nuwe onderklere vir ons,” vertel ‘n dankbare ma tussen die trane deur.

Teen Sondag het die gelyk of die gesin al jarelank in die nuwe huis woon. Selfs die Vaaloewer Supermark het gehelp met benodighede.

Van die kos en die nuwe yskas wat aan die gesin geskenk is.

“Dit het so baie beteken dat die hoof van Hoërskool Vanderbijlpark, waar die tweeling skoolgaan, ook persoonlik by ons kom inloer het,” sê Janine.

“Ek wil net dankie sê vir almal se bystand, daar is te veel mense om persoonlik te bedank (ek is bang ek laat ‘n naam uit). Maar ons is baie dankbaar,” sê Janine.

Die gesin kort egter boumateriaal om weer hul huis leefbaar te maak. “Ons kort nie fancy goed nie, ‘n dak oor ons kop is nou die belangrikste.

* Indien daar enigiemand is wat hiermee kan help kan Janine by 061 192 6278 gekontak word.

Die gesin het al hul besittings verloor weens die brand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button