Local newsNewsNews

Vanderbijlpark kleinhoewe-eienaars spook om vure te blus

VANDERBIJLPARK. - Noodoproepe van kleinhoewe-eienaars het laatoggend die rondte op sosiale media gedoen nadat daar 'n brand op een van die Nanescol-kleinhoewes uitgebreek en deur die wind aangehelp is om vinnig te versprei.

Op die boodskappe wat versprei is kan gehoor word hoe bekommerde kleinhoewe-eienaars/inwoners pleit dat mense kom help om die vuur die help blus. Die sterk winde het waarskynlik bygedra dat die brand vinnig versprei het en daar was rede tot kommer.

Daar was nog nie kans om meer inligting te bekom terwyl daar gespook word om die vure te blus nie.

Die vlamme staan hoop op een van die kleinhoewes wat van die Barrageweg af sigbaar was. Foto’s: Lazarus Dithagiso

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button