Local newsNewsNews

Blinde berader wil graag ander help

Ten spyte van sy omstandighede glo Steven hy het nog werk om te doen en wil hy graag ander help.

Steven Venter (48) is 16 jaar gelede blind gelaat na ‘n skietongeluk terwyl hy ‘n lid van die militêre polisie was.

Hy het ook as gevolg van die ongeluk aan depressie begin ly. “Ek het gelukkig die depressie met die Here se genade oorwin. Dit gaan vandag baie beter,” getuig hy.

Steven het egter besluit om nie in sak en as te gaan sit nie.

Al het hy in ‘n sentrum vir haweloses beland, het hy steeds deur Salem Bible Ministries berading gestudeer en in daardie tyd die ander inwoners gehelp.

“Dit was vir my baie moeilik want ek moes al die klasse opneem en dit dan oor en oor vir myself speel.”

Hy het al sy eksamens mondelings afgelê en het uiteindelik sy kursus voltooi met ‘n gemiddeld van 72%.

Tans is Steven, met finansiële  ondersteuning van sy familie, ‘n inwoner van ‘n tehuis in Vereeniging.

Weens Covid-19 is daar streng reëls wat geld en kan hy glad nie uitgaan op die stadium nie. 

“Daar is so baie mense wat op die oomblik emosioneel swaar trek. Ek wil hul graag help en is daarom bereid om gratis telefoniese berading te doen,” het hy in ‘n telefoniese onderhoud gesê.

Mense kan hom tussen 09:00 en 12:00 en 13:00 en 16:30 skakel by 063 056 5522.

Hy sal graag luister en help as hy kan.

Vir almal wat op die oomblik deur moeilike omstandighede gaan, siek is of emosionele trauma verwerk, het hy ‘n spesiale boodskap: “Moenie gaan lê nie. Hou net aan. Daar is altyd ‘n tweede kans, want Jesus is altyd die antwoord.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button