SASOLBURG. – Out of Africa was een van 1985 se grootste film treffers.
Die film, wat gebaseer is op die lewe van Karen Blixen-Finecke, het sewe Academy Toekennings ingepalm, onder andere vir beste film.
Dit speel af in Kenia en vertel die verhaal van ‘n vrou uit die Deense adelstand wat ‘n koffieboerdery aan die gang hou in Kenia en verlief raak op ‘n jagter.
Die film bevat ongelooflike tonele van die Afrika landskap. Die storie roer die hartsnare en Meryl Streep en Robert Redford gee uitstekende vertolkings in die hoofrolle.
Om Out of Africa regtig te kan waardeer moet dit op ‘n groot skerm gesien word.
Daarom het die ERT Fliek Klub besluit om op Sondag, 15 Augustus die fliek op die groot skerm in die teater te vertoon.
Die vertoning begin om 14:00 en duur 2 uur en 34 minute.
Besprekings is noodsaaklik omdat slegs 50 mense toegelaat mag word.
WhatsApp jou besonderhede na 063 217 5147. Kostes is R100 vir Fliek Klub lede.
Daar sal ook snoep-pakkies met lekkernye beskikbaar wees teen R90.
