Local newsNewsNews

Jonge Mia eersdaags in kortfilmreeks

Mia Swartz woeker met haar talente. Tans berei sy voor vir 'n rol in 'n kortfilmreeks.

SASOLBURG. – Mia Swartz het op 4 Augustus 12 geword.

Net ‘n week vroeër het sy ‘n groot verjaardag geskenk gekry toe sy gehoor het dat sy ‘n oudisie vir ‘n kortfilmreeks geslaag het.

Dit het alles ‘n jaar terug begin toe Mia, wat nog altyd lief was vir drama, ingeskryf het vir twee kompetisies.

Die een was Mentor My! en die ander was Sing Aanlyn. Albei kompetisies is aangebied deur ABS Produksies.

Die wenners is vir ‘n jaar gementor deur van Suid-Afrika se bekende akteurs en sangers.

Mia het keuring vir albei kompetisies gekry en het die afgelope jaar aanlynklasse by Christel van den Bergh (Getroud  met Rugby) gekry.

Mia se ma, Letitia, het in ‘n telefoniese onderhoud gesê dat Christel elke maand vir Mia ‘n opdrag gegee het wat sy moes voorberei en instuur.

Chirstel het dan geskakel en die video met Mia bespreek en haar raad gegee.

As deel van die Sing Aanlyn program, kry Mia elke tweede Vrydag klas by Lee Scott in Pretoria.

In Julie is daar uit al die wenners wat landswyd gementor is, mense gekies om oudisies vir die filmreeks te gaan aflê.

Mia was een van die gelukkiges wat op 24 Julie in Parys bymekaar gekom het.

As deel van die oudisies, voor een van daardie groot studio kameras, moes elkeen ‘n onvoorbereide dialoog doen en sing.

Die vreugde was groot toe sy ‘n paar dae later hoor sy het die oudisie geslaag.

Letitia het op haar Facebook blad gesê: “Welgedaan my prinses Mia met hierdie groot prestasie om gekies te word hiervoor. Mamma en Pappa is soooo trots op jou!! Hou gerus KykNET en VIA dop, haar gesiggie gaan saam met ‘n paar bekende akteurs op die kassie verskyn.”

Almal wat die oudisie geslaag het is nou deel van ‘n gevorderde kursus waar hul meer leer oor wat van hul verwag word op ‘n filmstel.

Hulle gaan vir die volgende vier maande maandeliks ‘n werkswinkel saam met die gesoute akteurs bywoon om hulle die fynere punte te leer.

Die kortfilmreeks sal in Desember/Januarie geskiet word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button