Local newsNewsNews

Video: Polisieman bars deur heining met staatsvoertuig

VANDERBIJLPARK. – ‘n Kragboks, heining, afdak, skuifdeure en twee voertuie is beskadig, nadat ‘n polisieman met ‘n ongemerkte staatsvoetuig Saterdagaand omstreeks 23:04 deur ‘n huis in CW6 se heining gebars het. Volgens mnr. Danny Ackerman, die eienaar van die huis in 31B Jan Cilliers straat in CW6, het hy groot skade gelei. Ackerman beweer dat …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Kragboks, heining, afdak, skuifdeure en twee voertuie is beskadig, nadat ‘n polisieman met ‘n ongemerkte staatsvoetuig Saterdagaand omstreeks 23:04 deur ‘n huis in CW6 se heining gebars het.

Volgens mnr. Danny Ackerman, die eienaar van die huis in 31B Jan Cilliers straat in CW6, het hy groot skade gelei. Ackerman beweer dat die bestuuder van die voetuig dronk en onvas op sy voete was.

Daar is leë drankbottels langs die grys Ford Figo gevind, wat Ackerman-hulle se vermoede bevestig het.

Om sake te vererger het dié polisieman gedreig om geweldadig te raak, toe ‘n omstander ‘n video van die toneel geneem het.

Volgens Ackerman was daar dossiere in die voertuig ten tyde van die ongeluk. Gertrude Makhale, woordvoerder van die SAPD in Vanderbijlpark, het bevestig dat die voorval plaasgevind het en dat die bestuurder van die voertuig in hegtenis geneem is. ‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

Die Ford Figo waarmee ‘n polisieman deur die heining van ‘n huis in CW6 gebars het.
Een van die dankbottels wat op die toneel gevind is, steek onder die voertuig uit.

*WAARSKUWING VIDEO BEVAT KRUTAAL WAT SENSITIEWE KYKERS KAN ONTSTEL     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button