Local newsNewsNews

Rotariërs vier Lentedag op 18 September

Kom deel in die pret op 18 September.

VANDERBIJLPARK. – Die Rotary Klub van Vanderbijlpark beplan om die nuwe seisoen behoorlik te vier met ‘n oggend vol pret en plesier op 18 September 2021.

Die lentedagvieringe skop af om 10:00. Jeanette Steyn-Nortje sê daar gaan gelukstrekkings deur die loop van die oggend wees waar mense onder andere geskenkbewyse kan wen.

Daar is ook pryse op die spel vir die mooiste tafel en die persoon wat die mooiste lente uitrusting aan het.

Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit ‘n ete, koffie en tee in.

Elke tafel het ‘n gasvrou wat vir haar tafel se ete sal sorg.

Die fondse word aangewend vir die Rotary Klub van Vanderbijlpark se gemeenskapsprojekte.

Bekende akteur, sanger en gasspreker, Matt Stern gaan optree as gaskunstenaar.

Liezl Scheepers van die Vaalweekblad se susterskoerant, Parys Gazette het in April geskryf:

“Dalk onthou jy hom vir sy onlangse TV-rol as ds. Douw Droom in “Huis Lelieveld”. Of vir sy rolle in  onder meer “Vleisvreters”, “Hart van Staal”, “Begeertes”, “Isidingo”, “Generations” of “Binnelanders”.

“Akteur Matt Stern se loopbaan het in 2002 ‘n hupstoot gekry toe hy die sluipjagter Kurt Conradie in die sepie 7de Laan vertolk het, en daarna is hy in verskeie ander rolle gesien.

“Van sy filmwerk sluit in “Racing Stripes”, “District 9”, “Hond se Dinges” en “Stoute Boudjies”. In sy nuutste fliek, “Bibliofiel” speel hy die rol van Freek van Zyl.

“Maar min mense weet dat Matt Stern eintlik ‘n professionele sanger is. Hy is opgelei in musiekteater as tenoor.

“In November 2020 het hy sy vyfde album vrygestel getiteld, “My World”.  Die snit, “One Pair of Hands” is deur IFM aangewys as beste country gospel lied vir 2020.

“Sy repertoir wissel van Elvis tot opera.”

Jeanette sê sy het Matt die eerste keer sien optree by hul kerk waar hy al die bejaardes op hul voete gehad het met sy vertolking van Elvis Presley se liedjies.

Die lentedagvieringe vind plaas by The Wine Barrel, Vleistraat 119, Stefanopark, Vanderbijlpark.

Daar sal streng by alle Covid-19 regulasies gehou word.

Maak dus seker om vroegtydig plek te bespreek. Belangstellendes kan Jeanette skakel by 082 774 9537.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button