Rozan Koen (Prime Photography) van Vaaloewer het die treffende foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059.
Die 60ste fotoblad verkyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (18 Augustus). Van die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” wat gedurende die vorige week op die web verskyn het word gekies om in die koerant te verskyn.
Rozan Koen (Prime Photography) van Vaaloewer het die treffende modelfoto geneem.Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die pragtige foto geneem.Willemien Loggenberg van Bloemfontein het die pragtige foto van ‘n protea geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 083 469 3942.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto by Puteri Harbour geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die treffende landkskap foto op Riversong-plaas geneem.Christo Meintjes van Pretoria het die mooi foto van ‘n goue wawielspinnekop geneem.Bennie Henning van Germiston het die pragtige foto onlangs in Uvongo geneem.Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging, het die foto geneem.Fransie Stevens van Vereeniging het die kunstige foto van stompe by die Otterbrug se waterval geneem.Gerald Gower van Sasolburg het die besondere nywerheidsfoto in Sasolburg geneem.George Stevens van Vereeniging het die mooi foto van ‘n Hamerkop met sy vangs in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.Hendrik Grobbelaar van Centurion het die mooi troufoto geneem. Hendrik neem professioneel foto’s en belangstellendes kan sy Facebook: Hendrik Grobbelaar Photography besoek of kontak hom by 082 572 9187.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Karin Cronjé van Andorra het die pragtige natuurfoto in Sorteny, Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto in die Rietvlei-natuurreservaat geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige monochroom foto van die maan geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die kunstige foto geneem.Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die mooi foto met die besondere wolke geneem.Monica Warren (oud-Valie) van Richardsbaai wat ‘n voorliefde vir voëlfotografie het, het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Ina Herselman van Sasolburg het die mooi foto by die EcoPark geneem.Rickus Strydom (oud-Valie) wat nou in San Jose, California in die VSA woon, het die mooi sonsondergang foto geneem.Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Bloemfontein, het die pragtige natuurfoto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi silhouette foto op Riversong-plaas geneem.Christo Meintjes van Pretoria het die mooi foto van ‘n geelvink wat in die oog van ‘n heining sit geneem.Christell Fouche van Drie Riviere-Oos het die mooi foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Irene Cloete van Vaalpark het die mooi foto van ‘n 100 jaar oue Bloekomboom op die plaas Weltevreden in die Parys-distrik geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za