Local newsNewsNews

Baie geluk aan ons eie Miss Grand SA, Jeané van Dam

Dis altyd lekker as 'n mede-Vaaldriehoeker presteer. Baie geluk Jeané en voorspoed met Miss Grand International!

VANDERBIJLPARK. – Jeané van Dam is Saterdag, 14 Augustus gekroon as die nuwe Miss Grand South Africa.

Twee dae later was sy weer agter die rekenaar besig om aanlyn klas te draf. Die eksamen is op hande.

Jeané glo daaraan om alles wat sy doen behoorlik te doen.

Jeané net nadat sy as Miss Grand South Africa gekroon is. Foto verskaf.

Dié dat sy ingeskryf is om twee grade (naamlik Handel (Commerce) en Regte (Law) tegelyk af te handel.

Sy is tans ‘n tweedejaarstudent by die Bond University in Australië.

Sy het verlede jaar as voltydse student in Australië begin, maar moes weens die Covid-19 pandemie terugkeer Suid-Afrika toe.

Sedertdien word alle klasse aanlyn aangebied. Jeané hoop om einde volgende jaar met albei grade klaar te maak.

Sy is nie net student en skoonheidskoningin nie, Jeané het ook reeds haar eie modelagentskap in Australië.

Op die stadium is sy nog nie seker of sy haar eendag permanent in Australië sal vestig nie. “Ek sal gaan waar die Here my lei”, sê sy.

Sy is baie opgewonde oor haar nuwe titel, aangesien dit haar toegang bied om deel te neem aan Miss Grand International.

Die datum en gasheerland vir hierdie jaar se kompetisie is nog nie bekend gemaak nie.

Die kompetisie waaraan oor die 60 lande deelneem word jaarliks aangebied en daar word van elke Miss Grand verwag om projekte aan te pak wat sal help om oorlog en geweld te stop.

Jeané sê sy gaan met die tema in gedagte, leierskap programme in skole begin waar leiers geleer kan word om op te staan vir dit wat reg is.

“Geweld en oorloë is nie altyd net tussen lande nie. Dit kom ook voor in skole en in huisgesinne.”

Dit was juis die tema wat haar genoop het om weer vir die Miss Grand SA kompetisie in te skryf. Sy was Eerste Prinses in 2019.

‘n Paar maande gelede was hulle in die motor toe sy oor die radio gehoor het dat huishoudelike geweld toeneem in Suid-Afrika.

Net daarna het sy die advertensie van die kompetisie op Facebook gesien, asook die tema ‘Stop War and Violence’.

“Ek glo nie aan toeval nie, en het dit as ‘n teken beskou om in te skryf,” vertel sy.

Die gebore en getoë Vaaldriehoeker borrel van lewenslus en energie.

“Ek is deel van ‘n sportiewe huisgesin wat al die land plat gery het om gholf te speel. My ma het ‘n kleuterskool en ek geniet dit om die dogtertjies te leer netbal en hokkie speel.”

Die jonge dame laat ‘n positiewe impak waar sy ookal gaan.

Sy het haar skoolloopbaan by onderskeidelik die Primêre Skool Lumiére en Hoërskool Transvalia voltooi.

Beide skole het haar op hul onderskeie Facebook blaaie geluk gewens met haar nuwe titel.

“Baie geluk Jeané Van Dam. Valia is trots is op jou!,” het Transvalia laat weet.

Lumiére Primêr het op hulle blad geskryf: “What an accomplishment!!! Lumiére is so trots op jou!!!”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button