Local newsNewsNews

Reuse-slang dood gevind na veldbrand in Sasolburg

SASOLBURG. - Groot was brandbestryders se verbasing toe hulle vanmiddag geswoeg en gesweet het om 'n veldbrand te blus en 'n reuse-slang wat doodgebrand het ontdek het.

Die veldbrand het tussen 12:00 en 13:00 op die plaas Brakkuil ontstaan. Na die vuur geblus is, is die reuse-slang langs die Wolwehoek-grondpad, wat aan die wildskamp grens, gevind.

Volgens bekende plaaslike voëlkenner, Dawie Kleynhans, is dit ‘n African Rock Python (luislang) wat glad nie veronderstel is om wild in dié area voor te kom nie. “Dit is tragies dat die slang in die vuur moes sterf,” het Dawie gesê.

Die dooie luislang van sowat 3,75m wat in die veld gevind is na die veldbrand. Foto’s: Suzanne van Dyk

Dit laat die vermoede ontstaan dat die luislang moontlik eers as troeteldier in aanhouding was en later in die veld vrygelaat is weens een of ander rede, of dat die slang ontsnap het vanwaar hy aangehou was.

Suzanne van Dyk wat gehelp het om die vuur te blus en ook vir Vaalweekblad gekontak het met die nuus oor die tamaai vonds, het spesiaal terug gegaan om die slang te meet. Die luislang is net kort van 4m (3,75 m).

Dié verrassing is darem nog nie so erg soos die indringer (‘n 3m lange luislang) wat Maandag inkopiegangers in die Glenorie Woolworths in Australië verras het nie. Inkopiegangers het laat spaander toe hy skielik tussen die spesseryrak te voorskyn gekom het. ‘n 23-jarige vrou met kennis oor slange het egter die slang gevang en weer veilig buite vrygelaat.

‘n Skermgreep van die slang wat inkopiegangers Maandag in Woolworths, Australië, laat spaander het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button