Local newsNewsNews

Rotariërs dien om lewens te verander

Almal werk saam om 'n verskil te maak, van die Pioneer House se breigroep tot by die Rotariërs wat die truie en beanies versprei.

VANDERBIJLPARK. – Die Rotary Klub van Riverside het die afgelope paar weke uit hul pad gegaan om ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Terwyl die winter nog vir oulaas tande gewys het, het die Rotariërs sop en handgebreide beanies onder die inwoners van die Barrage informele gemeenskap uitgedeel.

Van die baba klere en benodighede wat geskenk is. Foto Facebook

Dan het hulle ook met die samewerking van die vriende van Rotary, 38 ponchos gemaak wat aan behoeftiges uitgedeel is.

Hulle is ook baie dankbaar teenoor die Pioneer House breigroep (15 dames en een man) wie se vlytige vingers 400 beanies, 144 truie en ‘n klomp serpe gebrei het.

Hierdie warm kledingstukke is by verskeie kinderhuise, pleegsorg huise en plekke van veiligheid afgelewer.

Die Rotariërs het ook babaklere, komberse, room en doeke geskenk vir die babas wat tans in plekke van veiligheid is.

Die nuwe Rotary jaar wat in Julie begin het se leuse is Serve to Change Lives en dis waarna die Rotary Klub van Riverside streef met elkeen van hul projekte.

Dankie aan elkeen wat help brei en hekel het, asook aan die mense wat wol skenk en die wat gehelp het om die ponchos te maak.

Almal se bydraes word opreg waardeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button