Local newsNewsNews

Nog inskrywings vir Baba- en Kleuterwedstryd

Hier is nog foto’s van oulike kleingoed wat vir vanjaar se Baba- en Kleuterwedstryd ingeskryf is!

Ouers kan hul kleingoed nog tot 30 September inskryf.
Die ouderdomsgroep wat kan deelneem, is pasgebore babas tot kleuters van 6 jaar. Hoe gouer ‘n deelnemer ingeskryf word, hoe gouer sal sy of haar foto in Vaalweekblad verskyn.
Daar is twee maniere om in te skryf:
1). Stuur ‘n foto van jou seuntjie of dogtertjie na nickychillipicnic@gmail.com, of WhatsApp dit na 083 744 7711. Die inskrywingsgeld is R80.
Onthou om jou kind se naam, van en ouderdom te verskaf.
Bankbesonderhede vir die inbetaling van die R80 sal aan ouers verskaf word wanneer ons jul foto kry.
2). Jy kan ‘n pragtige ateljeefoto van jou kleinding deur Chilli PicNic teen R100 laat neem.
Jou kind word dan sonder verdere koste outomaties vir die wedstryd ingeskryf.
Die ateljeefoto’s sal gedurende Augustus en September geneem word.
Die volgende fotosessies is op 22 en 29 Augustus van 10:00 tot 14:00 by Vaal Mall.
Hou Vaalweekblad en Ster se Facebook-profiele dop vir meer inligting oor waar en wanneer die foto’s naweke geneem word.
Let wel, ouers moet op die aangehegte vrywaringsvorm (regs) toestemming aan Vaalweekblad gee om jul kind se foto te mag publiseer.
Verskeie pryse is vir die algehele wenner sowel as vir elke kategoriewenner op die spel.
 
Die borge van vanjaar se Vaalweekblad en Ster Baba- en Kleuterwedstryd is Chilli PicNic, IFM 102.2, Autocare Carwash & Valet, 3@1 by Die Palms-winkelsentrum, River Square, Vaal Mall, Stonehaven-on-Vaal en Swimkids.
* Meer inligting is by 083 744 7711 beskikbaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button