Local newsNews

‘2021 verkiesing gaan oor dienslewering, nie oor partye se taalvoorkeur nie’

"Vir my is dit (Politiek) ʼn voertuig om die gemeenskap en ons omgewing te probeer verbeter, opbou, ontwikkel en in hierdie dae bloot aan die gang te probeer hou," - Raadsheer Phil Pretorius

Deur Raadsheer Phil C. Pretorius, Hoofsweep, Midvaal Plaaslike Munisipaliteit:

In haar dokumentêr HILARY (2020) maak Hilary Clinton ʼn waar stelling. Sy noem dat die oorgrote aantal stemgeregtiges eers besluit vir wie hulle wil stem en slegs dan die media en politici se pogings tot werwing gebruik om hul besluit te valideer.

Politiek is ʼn swartskaap, rooi Phoenix, sondebok (ontsnapbok), varksig, ʼn volstruis, muskiet, ens. Sommige politici is daar vir die mag, die geld, die korrupsie, die intimidasie en gebrek aan ander loopbaanopsies. Vir my is dit ʼn voertuig om die gemeenskap en ons omgewing te probeer verbeter, opbou, ontwikkel en in hierdie dae bloot aan die gang te probeer hou.

Oor die algemeen is ons persepsies van politiek geskoei op ons propagandistiese geskiedenis, soos seker maar oral in die wêreld. Dit wat ons gevoer is en ondervind het in ons lewe is maar ons verwysingsraamwerk. Die negatiewe en soms hoogs veralgemeende persepsies van die wolwe van die samelewing wat net korrupsie pleeg en steel word bloot vererger deur die huidige status quo in Suid-Afrika.

Ons bloudruk vir politieke leier is ʼn landsvader en/of –moeder wat verafgod moet word, wat ons religie in stand moet hou, ons taal moet red, ons kultuur moet red van ondergang en dit alles met ʼn goeie skeet vrees om die resep te voltooi. Dit maak sin. Hierdie is tog al die primêre element in ons lewens wat ons identiteit gee en vir ewig sal getuig dat ons ook eens hier was.

Ek maak ʼn kontroversiële stelling: Hierdie elemente moet ʼn “doel” wees tot ʼn “middel” en nie ʼn “middel” tot ʼn “doel” nie. Ons moet nie die elemente gebruik om ons aksies in politiek te regverdig of stemme te werf of beloftes te maak nie, maar eerder hierdie elemente as ʼn gegewe te aanvaar en dus dan die aksies te bepaal wat dit gaan bewerkstellig. Anders gestel: ons moet weet dat partye ons “primêre elemente” voorstaan en alles sal doen om dit te bewerkstellig.

So i.p.v. vreesboodskappe oor hoe ons taal bedreig word en slegs een party dit sal beskerm (die wat dit praat en die praters daarvan wil werf) kan ons eerder fokus op die diensleweringselemente en ontwikkeling van gemeenskappe, alle gemeenskappe, alle tale, alle kulture. Regerings bepaal wel die wette m.b.t. taal en religie en waardes en kultuur maar dit behoort, veral in die reënboognasie, ʼn aanvaarde gegewe uitkoms te wees.

Vir daardie rede maak ʼn party wat dus al hierdie basiese menseregte en “primêre elemente” verseker bloot goeie sin, een wat vryheid van keuse voorstaan. As ʼn kleiner party in beheer sou kom en al sy/haar eie kulture afdwing, sal dit bloot ʼn wraakspeletjie tot gevolg hê. Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê. Gee almal hul plekkie in die son. Veral in ʼn plaaslike verkiesing waar daar vir raadslede in wyke gestem word en nie parlementslede wat wette maak nie. Dit gaan dus in die 2021 verkiesing oor dienslewering en nie oor partye se taalvoorkeur nie.

Efesiërs 6 verkondig dat ons ons wapensrusting moet aantrek en die metafore is kosbaar. Letterlikgesproke het dit nie vir Goliat gewerk nie. So fokus op die konteks en die doel en die “gepastheid vir doel”. Wanneer Midvaal dus toekennings kry en opgehemel word, weet dat hulle ook foute het, ook steeds leer en net hulle bes probeer. Sien die groter prentjie. Die bossie op jou sypaadjie is belangrik, maar in hierdie ruimtetuig moet ons vra of dit die seël is wat die tuig gaan vernietig?

Trotse Midvaal Groete, Phil.

Web: www.midvaal.gov.za

Facebook: Midvaal Local Municipality en Midvaal News Network

Tel: 0861 643 8225

MyMidvaal App

****************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button