News

Oproeriges brand bande vir ‘reg om te werk’

Hulle eis werksgeleenthede tydens opknappingswerk by sentrum

SASOLBURG. – Oproermakers wat glo werksgeleenthede by ‘n winkelsentrum in Sasolburg wil hê, het verlede Donderdag die oggendverkeer ontwrig toe hulle buitebande in DF Malanstraat aan die brand gesteek het.

Bande is ook op die sypaadjie oorkant Checkers aan die brand gesteek.

Vaalweekblad verneem dat die oproeriges, hoofsaaklik jong mans, geëis het dat 50% van die werksgeleenthede wat beskikbaar is gedurende opknappingwerk aan sakegeboue in die straat, aan plaaslike inwoners gegee moet word.

Volgens raadslid Jacques Barnard, DA-koukusvoorsitter in die Metsimaholo-stadsraad, het die gemeenskapspolisiëringsforum, die polisie en plaaslike sekuriteitsdienste Donderdag vinnig gereageer nadat die onluste aangemeld is.

Nadat die brande geblus en die oproeriges onder beheer gekry is, was die pad nog ‘n tyd lank gesluit terwyl die polisie die omgewing gemonitor het. Niemand is in die voorval beseer nie en geen voertuie is beskadig nie.

Brandende buitebande in DF Malanstraat, Sasolburg, het Donderdagoggend die verkeer vir sowat ‘n uur ontwrig. Die oproermakers het geëis dat hulle oorweeg moet word vir werksgeleenthede tydens opknappingswerk aan sakegeboue in die gebied.

Kyk na die video hier :https://www.youtube.com/watch?v=KOrZNqd7u4M

 

******************************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button