BusinessLifestyleNews

Wen R500 kontant met Vtec Trailers se maklike vasvra!

Vtec Trailers vier 20 jaar troue diens op SA se paaie

LEES HIERDIE BERIG MET AANDAG DEUR EN ANTWOORD DIE 10 VRAE PER WHATSAPP OF TELEGRAM.

EEN GELUKKIGE DEELNEMER GAAN R500 KONTANT WEN!

VANDERBIJLPARK. – Tobie Venter, uitvoerende bestuurshoof van Vtec Trailers, is lankal nie meer ‘n groentjie in die wêreld van sleepwaens nie. In twee dekades van bou, ontwerp, innoveer en transformeer het Vtec Trailers ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword.

Hierdie oud-onderwyser se produk pryk vandag op die paaie van die Kaap tot by die kremetarte in die Noorde. Sedert 2001 het Vtec Trailers van krag tot krag gegroei. Wat begin het as ‘n sleepwa vir elke behoefte, is oor die jare verfyn tot spesialisprodukte.

Oor die afgelope twee dekades was daar seisoene met veranderende behoeftes waarna Tobie en sy span met genot terugkyk. “In ons beginjare wou elke huishouding die bekende bagasiewaentjie hê, al is hy net Desember see toe gesleep. Toe voertuie groter begin raak en elke man ‘n 4×4 begin ry, breek die seisoen vir die boswaens aan. Ons onthou met trots ons bekendste boswa wat op die visvang TV-reeks ‘Hier gaan ons alweer’ te sien was en selfs die magtige Doodsakker in Angola maklik kafgedraf het,” sê Tobie.

Oor die jare was daar ook die seisoen van nutswaens: Eers het almal belê in viertrekmotorfietse wat naweke plaas toe gesleep is. Toe word dit verfyn na die groot menere – die tweewiel-motorfietse wat saamgaan kus toe dat Ma en Pa bietjie seelangs kan gaan toer. Dan was daar ook die seisoen waar die veteraanmotors van skou tot skou vervoer moes word en Vtec spesialiswaens kon verskaf wat laag genoeg, sterk genoeg en boonop mooi genoeg was om hierdie vertoonstukke te vervoer. Daar was die onvergeetlike borgskap met Graig Malone en sy renmotor wat almal se harte laat warm klop het as sy motor brul om die baan. En die besonder opvallende waens wat Avis Van Hire landswyd gebruik het as deel van hul verhuringsvloot.

“Vandag is baie van hierdie waentjies deel van spesialis-produksiemaatskappye soos die mark gedurig verander en aangepas het. Soos die seisoene verander het, het Vtec onophoudelik bly innoveer en transformeer om in kliënte se behoeftes te voorsien,” sê Tobie.

Dis hierdie uit-die-boks dink wat ook in 2011 gesorg het dat Vtec Trailers as naaswenner gekroon is in die Kleinsake Afdeling van die AHI se Onderneming van die Jaar kompetisie wat deur Santam geborg en in samewerking met Sake-Rapport, kykNET se Ontbytsake en Business Partners aangebied is. Dit word vandag nog onthou as een van Vtec se grootste hoogtepunte in die afgelope 20 jaar.

Tobie sê sy wenresep is gesetel in sy netwerk van mense. Sy werksmag is eerste prioriteit en hy is trots daarop dat sy fabrieksbestuurder, Rudi Knight, al 11 jaar, en kantoorbestuurder, Charmaine Gaybba reeds 12 jaar deel van die suksesspan is. Meeste van sy vloerpersoneel is al meer as agt jaar betrokke en die oudste agente reeds 15 jaar. Tobie onthou met nostalgie hoe die fabriek uit sy nate gegroei het en bouwerk aan ‘n nuwe fabriek in 2015 begin het. Binne ses weke was die mure en die dak op en die masjiene aangeskakel.

Intussen is die fabriek se produksielyne aangepas tot waar dit vandag tussen 60 en 80 topgehalte sleepwaens per maand aan kliënte van heinde en verre verskaf. Agentskappe het gegroei van basiese diensleweringsooreenkomste tot jarelange verbintenisse. Die produktereeks is verfyn tot 60 spesialisprodukte en verder ook verdeel in die drie hoofkategorieë van lae- tot hoë-impak waens. Die lae-impak waens is in die volksmond as Ultra-Light waens bekend, ‘n kostedoeltreffende wa sonder onnodige ekstras vir die verbruiker wat dit meer op ‘n soos-nodig-basis met kleiner voertuie gebruik. Die mid-reeks staan bekend as die Handyman waens.

Daarteenoor is daar die gewilde African Wagon-reeks, geïnspireer deur die Afrika-ossewa wat vir geen berg terugstaan nie. Hierdie produk is beroemd vir sy uithouvermoë, ekstras soos LED-ligte, asook ‘n ekstra-sterk ontwerp vir mense wat dié wa daagliks gebruik om hard te werk. In die afgelope jare het die vervoerbedryf sowel as koerierbedryf uit sy nate gegroei en dit is ook te sien hoeveel verhuringsvlote in SA uitsluitlik Vtec Trailers se waens gebruik. “Ervaring van meer as 20 jaar in die bedryf kom hier baie goed te pas om te weet wat werk, wat breek en wat hou,” sê Tobie.

“Dis werklik ‘n seëning om terug te kyk oor twee dekades van groei en sukses in al die verskillende areas. Die mooiste deel van die prentjie is die mense en Vtec Trailers vier dit graag saam met elke vennoot, personeellid, agent, media-vennoot, verskaffer en kliënt. Julle is die beste!

“Ons dank die Hemelse Vader vir Sy hand van seën en voorsiening hierdie afgelope 20 jaar oor ons, ons mense en hierdie grond waarop ons daagliks probeer om ‘n verskil te maak,” sê Tobie.

Adres: Vtec Trailers, Michelinstraat 19, NW7, Vanderbijlpark

* Foon: (016) 986 2194

* E-pos: sales@vtectrailers.co.za

* Webwerf: www.sleepwa.co.za

VASVRAWEDSTRYD – WEN R500 KONTANT!

SOEK DIE ANTWOORDE OP DIE 10 VRAE IN DIE BERIG HIERBO EN STUUR DIE 10 ANTWOORDE VOOR 20H00 OP 8 OKTOBER 2021 IN ‘N WHATSAPP OF TELEGRAM NA 076 454 9256. ALMAL IN SUID-AFRIKA MAG DEELNEEM, BEHALWE PERSONEEL (EN HUL GESINNE) VAN MOOIVAAL MEDIA EN VTEC TRAILERS.

DIE WENNER SE NAAM SAL OP 13 OKTOBER IN VAALWEEKBLAD SE PAPIERUITGAWE EN OP ONS WEBWERF EN FACEBOOK AANGEKONDIG WORD. DIE WENNER SE GELD SAL AAN HOM OF HAAR GE-EFT WORD, MAAR AS JY NIE ‘N BANKREKENING HET NIE, SAL JY JOU WENGELD SELF IN VANDERBIJLPARK MOET KOM HAAL!  :-)

1). Naam en van van Vtec Trailers se uitvoerende bestuurshoof.

2). Jy kan Vtec se fabriek in dié straat in Vanderbijlpark besoek.

3). Vtec Trailers bestaan al soveel jaar.

4). Tobie Venter se beroep voordat hy Vtec Trailers begin het.

5). Die gevreesde Doodsakkerterrein is in dié land.

6). Naam en van van Vtec se fabrieksbestuurder.

7). Die African Wagon-reeks is geïnspireer deur die ************.

8). Vtec se webwerfadres.

9). Tobie se wenresep is gesetel in sy netwerk van *****.

10). Vtec se produktereeks bestaan uit soveel spesialisprodukte.

STUUR NOU JOU ANTWOORDE NA 076 454 9256 EN ONTHOU OM JOU NAAM EN VAN BY TE VOEG!

Tobie Venter en sy vrou, Elsje. Saam met hul personeel vorm hulle die Wenspan van Vtec Trailers.

*****************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button