Local newsNews

Probleme met registrasie van nuwe watermeter by Emfuleni

"Ek is al so moedeloos. Kan enigiemand my asseblief help?" - Hannetjie Rautenbach

Hannetjie Rautenbach, ‘n inwoner van Emfuleni, skryf:

Goeiedag, ek het raad nodig asseblief? Ek het so ‘n bietjie meer as ‘n maand gelede ‘n lek aan my watermeter by Metsi-a-Lekoa gerapporteer. Hulle het mense uitgestuur wat my meter wou vervang.

Ek het gevra hoe dit gaan werk met die verskillende nuwe lesings en of hulle die oue nie liewer net kon regmaak nie. Hulle het gesê hulle sou weer terugkom, maar het nie. Toe rapporteer ek dit weer, en weer daag mense op om te kom kyk. Die dag daarna sien ek hulle is reeds besig om die ou meter met ‘n nuwe te vervang. Ek het gevra of daar ‘n verwysingsnommer of ‘n job card of iets is. Hul het gesê hulle sal die nodige dokumentasie inhandig. Ek het die ou meter se lesing sowel as die nuwe een se lesing aan Metsi en ook aan die Muss-afdeling gestuur. Toe ek hierdie maand my nuwe meter se lesing na ‘n maand instuur, word daar gesê dat my nuwe watermeter nie op die stelsel geregistreer is nie, en dat ek eers die job card of vervangingsverslag moet instuur.

Nou waar moet ek dit kry? Ek werk nie vir Emfuleni nie en dit is nie ek wat gesê het die meter moet vervang word nie. Hoekom moet ék die nodige papierwerk inhandig? Dit is mos die werkers wat dit vervang het se plig. Muss sê hulle kan nie die nuwe meter registreer en my munisipale state stuur voordat ek die vervangingsverslae ingestuur het nie. Ek wil graag weet, hoe maak ek nou, hoe kry ek nou die watermeter op die stelsel geregistreer? Ek is al so moedeloos. Kan enigiemand my asseblief help?

* Me. Rautenbach kan haar naam, rekeningnommer en adres na Vaalweekblad by 083 246 0523 stuur sodat ons die probleem verder kan ondersoek.

 

***************************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button