Fotowedstryd: Inperking en siekte se effekte in foto’s vasgevang
Sulke foto's het geskiedkundige oomblikke in 2020 en 2021 vasgevang - 'n tydperk wat jare van nou af nog wêreldwyd onthou gaan word as een van die vreemdste en onsekerste tye in die moderne mens se bestaan.
Die Vaal Region Photo Club het onlangs ‘n kompetisie aangebied waarin fotograwe die uitwerking van Covid-19 op ons alledaagse bestaan, in foto’s moes uitbeeld.
Die wedstryd, met die titel: Lockdown as a Lasting Memory, is deur fotograwe Christi Nolte en Craig Barrett beoordeel. Dit het uit twee kategorieë bestaan en Vaalweekblad publiseer vandag die drie wenfoto’s in albei kategorieë. (Kategorie 1 was vir gevorderde nuwelinge en Kategorie 2 vir intermediêre fotograwe).
Die pryse is soos volg:
Eerste prys vir albei kategorieë: ‘n Wegbreek na Wilgekrans Game Reserve.
Tweede prys, kategorie 1: Vaal Toyota Sasolburg – brandstofbewys.
Tweede prys, kategorie 2: Craig Barrett, Canvas van keuse.
Die fotoklub bedank almal wat deelgeneem het, sowel as die borge wat die pryse beskikbaar gestel het.
* Die Vaal Region Photo Club is in 2013 met die ondersteuning van Vaalweekblad deur fotograaf Christi Nolte gestig om opkomende fotograwe te help om hul kameras beter te leer ken, wenke te gee om beter foto’s te neem, en fotograwe aan interessante foto-geleenthede bloot te stel. Die klub vergader elke eerste Dinsdag van die maand. Kompetisies, uitstappies en kampnaweke word gereeld binne die reëls van die inperking georganiseer.
Belangstellendes wat wil aansluit, kan Cornel Hartman by 083 420 4223, of Magdalena Swart by 082 644 1655 kontak.







***********************************************************************************************************
