Home & GardenLifestyleNews

Amper weer tyd vir Vaalpark Kothuismark!

Dagboek solank 29 en 30 Oktober en bring genoeg geld saam sodat jy al jou Kersinkopies hier kan afhandel!

VAALPARK. – Op 29 en 30 Oktober gaan daar weer ‘n miernes van bedrywigheid wees wanneer die groot Vaalpark Kothuismark in Oliviershoekweg, langs Caltex, aangebied word.

Daar sal iets van alles wees – van spoggerige meng-en-pas klere tot skoene, handsakke, juweliersware sowel as ‘n verskeidenheid van ander handgemaakte gebruikersgoedere en kunsartikels.

Vir die lekkerbekke is daar ‘n koffieroostery met fyngebak wat in almal se smaak sal val.

Meer besonderhede is by 083 231 7273 beskikbaar.

Die Vaalpark Kothuismark is net die plek waar jy al jou gesin se Kersgeskenke op een slag kan koop!

***********************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button