Local newsNews

Politieke mening: Emfuleni al meer van ‘n fiasko omdat nie na inwoners geluister word wat die hand voed nie

Hierdie meningstuk is deur die betrokke partykandidaat geskryf en is nie noodwendig die standpunte van Vaalweekblad nie.

 

Dalene Venter, DA-Wyksraadslid vir Emfuleni (Wyk 1) skryf:
“Smart Meters” is steeds nie iets van die verlede nie en word net daagliks ‘n groter ramp in die inwoners se funksionering en lewens.
Agt jaar gelede is die kontrak geteken in Desember 2013 deur die Munisipale Bestuurder van Emfuleni Munisipaliteit vir implementering, ten spyte van die teenstand van die Demokratiese Alliansie. Daar was gekyk na die risiko’s of die projek gaan werk en of dit nie nog iets gaan wees wat op hofsake uitloop en onnodige gelde kos (wat die inwoners se belastinggelde is) en eintlik vir beter dienslewering aangewend moes word nie.
En nou ja, al hierdie voorspellings het waar geword. Maar dit lei nou tot ‘n negatiewe implikasies vir ons inwoners in Drie Riviere.
‘n Resultaat hiervan is dat verskeie mense probleme ondervind wanneer hulle eiendomme koop of verkoop, dat rekeninge totaal verkeerd is en maande neem om uitgesorteer te word in beide rigtings – debiete of krediete.
In Drie Riviere is die meerderheid meters uitgehaal en krag is direk gekoppel sonder meters en enige lesings. Elke maand is skattings gedoen en van die inwoners het selfs vir maande ook nie rekenings ontvang nie. Daar is net beloof dat meters geïnstalleer sal word. Op die publieke vergadering met die inwoners in Februarie 2020 was vir die tweede keer aan inwoners beloof deur die Burgemeester dat die meters teen Mei maand klaar geïnstalleer sal wees en rekeninge uitsorteer sou word. Niks het hiervan gekom nie. In Oktober 2020 is daar weer navraag gedoen waarop terugvoer gegee is dat daar nie genoeg meters is vir installering nie.
Tydens ‘n vergadering tussen drie Raadslede en vier senior amptenare van Emfuleni is bevestig dat rekeninge uitsorteer sal word met gemiddelde van skattings oor 2 of 3 jaar en gerekonsilieer word. As raadslid het ek voorgestel – soos wat die Burgemeester ook mee saamgestem het by die publieke vergadering in die begin van 2020 – dat mense meters moet kry en dit drie maande gebruik en die gemiddeld moet dan uitgewerk word teenoor betalings wat hulle reeds gedoen het, asook krediet van hul ”Smart Meter”, wat daarop was toe dit verwyder is.
Dit sou met die Finansies Departement opgeneem word en terugvoering aan persone teenwoordig sou gegee word. Sedertdien het nog niks gebeur nie.
Nou skielik het Emfuleni Munisipaliteit eers in Wyk 5 in Vanderbijlpark ingegaan en krag orals gesny en dan moet mense verder eers R952 betaal as aansluitingsfooi terwyl hierdie skattings rekenings vir 2 tot 3 jaar is. En dit terwyl dispute op van hierdie rekeninge verklaar is; terwyl party van hierdie rekeninge totaal onrealistiese bedrae is. As inwoners probeer rekeninge uitsorteer word hulle ook van bakboord na stuurboord gestuur met min sukses. E-posse word geïgnoreer en telefone word nie geantwoord nie.
Wat is die magtelose pad van hierdie inwoners verder wat net deur Emfuleni uitgebuit word? Is dit nie die tyd om maar Midvaal te word nie? Ons moet nie dat hierdie dinge inwoners weghou van die stembusse nie. Ons moet juis gaan stem en ook vir die sterkste opposisieparty.
Dalene Venter, DA Raadslid vir Drie Riviere.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button