AmusingLifestyleNews

Wen vet kontantpryse met Vaalweekblad se November-vasvra!

Hier is November se eerste vasvrawedstryd

 

Antwoord die vier vrae hier onder teen 30 November 2021 om deel te wees van hierdie maand se inskrywings.
Almal mag deelneem, al woon jy buite die Vaaldriehoek.
As jy ‘n wenner is, sal jou geld per EFT aan jou oorbetaal word).
Daar is R1000 kontant en verskeie pretpryse op die spel. As jy in November ook aan die gelyklopende blokkiesraaisels in Vaalweekblad se papieruitgawe deelgeneem het, kom jy in aanmerking vir R2000 se pryse!
Baie dankie aan ons wedstrydvennote Harry’s Butchery, Bar With No Name, Jansen Houtwerke en Gas Monkey vir die kontant- en ander pryse!
Stuur jou antwoorde per Whatsapp na 076 454 9256. Onthou om jou naam, jou van en dorp se naam by te voeg.
(As jy nie weet wat die antwoorde is nie, kan jy dit by die skakels hier onder gaan vind)

VRAE:
1) Dié professor word nou visekansellier van die Vaal Universiteit van Tegnologie.
2) Die VAN van die Vaalparkse kunstenaar wat met Inktober geassosieer word
3) Dié eksentrieke kunstenaar tree op 14 November in Sasolburg op.
4) Die DA se burgemeesterskandidaat in Emfuleni.

 

Vroeë kersgeskenk – Nataniël by die ERT

31 Sketse vir Inktober

‘The DA will continue to fight for residents of Emfuleni’

Prof Dan Kgwadi new vice-chancellor of VUT

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button