Local newsNewsNews

Ansumé verbeter SA paalspring-rekord vir ‘n tweede keer

VANDERBIJLPARK. - Vereistes as jy paalspring as sport wil beoefen: jy moet krag en spoed hê en nie ‘n bang haar op jou kop nie!

En dit is ook hoe die 14-jarige Ansumé de Beer beskryf kan word – “fearless”.
Hierdie jong atleet het Saterdag vir die tweede keer die jaar die SA paalspring rekord vir d.o/16 verbeter.

Die keer met ‘n puik hoogte van 3.60m tydens Atletiek Vaaldriehoek se byeenkoms by die DP de Villiers-stadion in Sasolburg. Dit wil lyk of dit haar jagveld is, want sy het ook die vorige rekord van 3.50m hier opgestel.

Ansumé (14) by die nuwe rekordhoogte wat sy in die paalspring vir d.o/16 opgestel het.

Ansumé was vir 6 jaar ‘n kranige gimnas, maar het die prys gegee om haar passie en drome op die atletiekveld na te streef. Sy is ook ‘n talentvolle naelloper en hekkies-atleet.

“Ansumé is mal oor uitdagings en is bang vir niks,” sê trotse ma Angelique.

Ansumé beoefen paalspring nou maar net een jaar. Maar sy week dat alles wat die moeite werd is, baie harde werk verg.

Ansumé wys hoe dit gedoen moet word. Foto’s: Verskaf

Sy oefen twee keer per week onder die kundige afrigting van Hennie Els van die Sasolburg Paalspring Akademie.
Sy het ook ‘n tweede afrigter vanuit Amerika, Michael Jennetta, wat tydens elke byeenkoms “online” betrokke is.

Ansumé se korttermyn doelwit is om 4m te spring voor haar 15de verjaarsdag volgende jaar Augustus.
Haar langtermyn mikpunt is nie net om eendag aan die Olimpiese Spele deel te neem nie, maar om goud terug te bring Suid-Afrika toe.

Buiten hierdie groot drome is Ansumé ‘n trotse Valia-leerling wat leef vir haar familie en vriende.

* Vaalweekblad wens Ansumé geluk met haar prag-prestasie en sal saam met die res van die Vaal dophou hoe sy een vir een haar drome en doelwitte verwesenlik.

Saam met haar trotse afrigter Hennie Els van die Sasolburg Paalspring Akademie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button