Uitstekende seisoen vir Hoekies se dogters-krieketspanne
Die Hoërskool Driehoek se dogter-krieketspanne het kookwater krieket die jaar gespeel. Die grondslag is gelê vir groter prestasies in 2027.
VANDERBIJLPARK – Hoërskool Driehoek se eerstespan dogters krieket het as ligawenners uit die stryd getree. Hulle het in die finaal teen Hoërskool Overvaal te staan gekom.
Overvaal het 71/9 in 20 boulbeurte aangeteken, waarna die Hoekies die verlangde lopies in 7.3 beurte geslaan het. Hoërskool Driehoek het met 9 paaltjies gewen.

Dié span het ook deurgedring na die kwarteindrondte van die Noordvaal-liga. Hulle het teen Nkowankowa Hub Girls U19 te staan gekom in ʼn naelbytstryd.
Die Nkowankowa span het eerste gekolf en 133/7 (20) aangeteken. Alhoewel Elysia Fourie ʼn uitstekende 42 lopies van 42 balle aangeteken het en Leandroche Mathysen 39 lopies van 39 balle geslaan het, kon die Hoekies net 118 lopies in hul 20 boulbeurte aanteken. Hulle het met ʼn skamele 15 lopies verloor.

Die eerstespan en die Hoekies se ontwikkelende span, die Daisies het baie goed gevaar die afgelope seisoen en het rede om trots te wees. Deur harde werk en toewyding het hul met rasse skrede verbeter. Die grondslag is gelê en volgende jaar beloof om ʼn opwindende jaar vir dogters-krieket by Hoërskool Driehoek te wees.