NewsSchools

Laerskool Suikerbos – Die skool vir die toekoms

Laerskool Suikerbos Primary, Cnr of Swallow & Falconlane Ave, Vereeniging. Tel: 016 423 1182/3

Deur mnr. Giel Meyer, skoolhoof

Laerskool Suikerbos Primary in Drie Riviere Oos, Vereeniging, is ‘n kind- en toekomsgerigte opvoedingsinstansie waar elke kind tot sy volle potensiaal kan ontwikkel in ‘n ondersteunende, liefdevolle en diverse omgewing.

Die skool het in 1982 geopen met 386 leerders en 14 onderwysers. Ons het tans rondom 600 leerders en ons is trots daarop dat ons kleiner klasse vir beter onderrig het.

Ons is sedert 1 Januarie 2006 ‘n parallelmediumskool, wat beteken dat ons reeds 15 jaar beide Engelse en Afrikaanse klasse aanbied – en ons is trots op beide ons afdelings. Ons klasse funksioneer ten volle in hul eie taal maar tog leer ons kinders op ‘n unieke en gesonde wyse om goeie interaksie te hê met verskeie kulture en gelowe sonder om hul eie beginsels in te boet. By Suikerbos is elke kind belangrik en daarom glo ons aan massadeelname en vaardigheidsontwikkeling eerder as om net wengedrewe te wees.

Ons akademie is van hoogstaande gehalte en deur ons klasse klein te hou, kan ons individuele aandag en alle nodige ondersteuning aan ons leerders bied. Ons ervare, passievolle en vakgespesialiseerde onderwysers onderrig met passie en glo aan praktiese en konkrete leer tydens lesse. Buiten die gewone kurrikulum bied ons Rekenaarvaardigheid en Musiek as vakke aan en elke kind in ons skool trek voordeel daaruit omdat dit reeds by ons skoolfonds ingesluit is.

Ons leer nie net ons kinders nie, ons lê ‘n stewige fondasie waarop hulle kan voortbou tot ‘n blink toekoms!

Laerskool Suikerbos Primary offers every child the opportunity to become inspirational and contributing leaders. We believe in excellence through diversity and every learner is important to us.

We are very proud of our learners and community and we support every child to realize his or her full potential. Our learners are the best because they learn from the best! Our high academic standard is the platform from which our learners can build a bright future.

* Ons is bevoorreg om ‘n pragtige kleuterskool op ons terrein te hê. Suikerbekkie het kindertjies van 18 maande tot Graad R-maats.

   &&&&&&&&&&&&&&&&&&&&

Laerskool Suikerbos Primary se visie en missie

Visie

Kwaliteitonderrig waardeur elke leerling daartoe in staat gestel word om sy/haar volle potensiaal binne ‘n multikulturele samelewing te ontwikkel.

Mission

Laerskool Suikerbos Primary, in partnership with its parents, seeks to instil in its students’ high standards for academic scholarship, integrity, leadership and responsible citizenship.

Ons waardes

  1. Liefde: Gee om en wys dit vir jouself, personeel, mekaar en omgewing
  2. Respek: Wees altyd gehoorsaam, ondersteunend en lojaal.
  3. Eerlikheid: Almal moet jou altyd kan vertrou.
  4. Verdraagsaamheid: Aanvaar verskille tussen mekaar en wees geduldig.
  5. Selfbeheersing: Tree altyd reg op. Die keuses in ‘n situasie bepaal die uitkoms. Laat jou keuse tel!

 

Honorary Code

We are Laerskool Suikerbos Primary.

We give honour to God in our work and our lives.

We treat ourselves, others and our environment with love.

We respect one another by being obedient, supportive and loyal.

We are honest.

We accept our differences with tolerance and patience.

We conduct ourselves with self-control and always try to make the right decisions.

We are proud of our school, our community and our country, South Africa.

Foto onder: Mnr. Giel Meyer, skoolhoof, Laerskool Suikerbos.

************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button