Home & GardenLifestyleNews

Dis tyd vir Goeiehoek Kontreimark op 12 Februarie!

Bring jou hele familie, jou vriende, bure en kennisse saam en maak seker almal is deeglik uitgehonger!

Lus vir vars lug, ooptes en ‘n plaasuitstappie noudat die Covid-inperkings verslap is? Op Saterdag, 12 Februarie, bied die boere en hul vroue van die Goeiehoek-omgewing jou weer alles, plus die geleentheid om die heel beste inkopies vir huis, tuin, lapa en klerekas te doen.

Hierdie keer kry jy by die Goeiehoek Kontreimark ook ‘n kans om  ‘n unieke geskenk vir jou Valentyn en al jou geliefdes te koop – tuisgemaak met sorg en gekweek met liefde!

Eetgoed gaan weer volop wees, maar kom vroeg om teleurstelling te voorkom! Die heel lekkerste afval, pap en kaiings en gebakte skaapkop is hier beskikbaar. (Belangrik: Gebakte skaapkoppe is net op voorafbestelling by Basie of Mariette beskikbaar by 082 901 5727 of 083 225 6901).

‘n Paar goue reëls vir ‘n besoek aan die mark is: gemaklike stapskoene, ‘n sambreel of wyerandhoed, koelhouers en genoeg tyd en kontant. Daar is geen OTM’e op of naby die plaas nie, maar sommige uitstallers het hul eie kaartmasjiene beskikbaar.

Bring jou hele familie, jou vriende, bure en kennisse saam en maak seker almal is deeglik uitgehonger!

‘n Vrywillige ingangsfooi van enige onbederfbare kruideniersware of ‘n blikkie ingemaakte groente, vis of vleis sal baie welkom wees.

Getrou aan die Goeiehoek Kontreimark se beleid om ‘n verskil te maak in verdienstelike gevalle, reik die organiseerders van die plaasmark uit na hul mede-boeregemeenskap in Merweville in die Karoor.

“Ons juig oor die reën wat daar geval het maar weet dat daar nog baie jare van swaarkry en sente omdraai voorlê voordat die 55 gesinne weer op die been sal wees. Ons, as die vroue van die Vaaldriehoek en Heidelberg se plaasgemeenskap, stuur elke drie maande ‘n vrag kruideniersware daarheen. Die volgende besending is geskeduleer vir die einde van Februarie,” sê Annatjie du Toit, een van die hardwerkende organiseerders. Kontak haar gerus by 083 541 9908 as jy ‘n pakkie wil saamstuur of enige bydrae wil maak.

* Padaanwysing na Goeiehoek-kontreimark: Neem die R42 Vereeniging/Heidelbergpad by 4Way Motors in Drie Riviere. Draai rigting Goeiehoek by die Meyerton/Goeiehoek-kruising. Na 4 kilometer vanaf die kruising, draai regs in die syaansluiting – rigting Goeiehoek. Bosrand is die eerste plaas op linkerhand ná die syaansluiting. Koördinate: GPS: S26°38’58.1 E28°06’50.0 of vind Goeiehoek Kontreimark op Google Maps.

 

 

 

 

 

 

   

 

*************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button