Local newsNewsNewsSchools

Sewe A’s vir dié slim 3Hoekies

Nicola en Wilmien van Hoërskool Driehoek spog elk met sewe onderskeidings in die 2021 Matriekeksamen!

Nicola Heyns – 87,6% (7-A’s)

Nicola Heyns van Hoërskool Driehoek het onderskeidings in al sewe haar vakke behaal: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensorientering, Lewenswetenskappe, Rekeningkunde en Fisiese Wetenskappe. Haar gemiddeld is 87,6%. Haar wenresep was om baie vraestelle deur te werk en You Tube te gebruik om vakke soos Rekeningkunde beter te verstaan. Sy begin vanjaar met haar studie in BSC Finansiële Wiskunde by NWU Vaal en beoog om mettertyd ‘n doktorsgraad in dié rigting te behaal. Nog ‘n droom is om eendag Switserland te besoek. Nicola bedank haar familie en vriende vir hul liefde en ondersteuning deur haar skoolloopbaan.

 

Wilmien Visser – 86,9% (7-A’s)

Wilmien Visser van Hoërskool Driehoek het ‘n gemiddeld van 86,9% behaal en kan spog met A’s in al haar vakke: Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, Lewensoriëntering, Biologie, Fisiese wetenskap, Rekeningkunde en Wiskunde. Dié diereliefhebber is op die waglys om te studeer vir ‘n veearts. Wilmien was ‘n lid van Driehoek se leerlingraad en het tot in Graad 11 landloop gedoen. Dié grasieuse slimkop het gedurende haar skoolloopbaan ook modelwerk gedoen en het ‘n hele paar diplomas daarvoor ontvang.

 

************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button