Royal Foods: Koningskos teen sakpas-pryse!
Royal Foods het elke dag baie spesiale aanbiedinge maar op 11 Maart 2022 gaan daar ongekende lae pryse wees! Kom besoek die Royal Foods-span by Gallowaystraat 46, Sybrand van Niekerk Park, Meyerton.
MEYERTON. – Toe Org en Alta van Heerden in 1999 die deure van Royal Foods geopen het, het hulle nog nie besef hoe suksesvol dié leier in voedselprosessering oor die volgende twee dekades sou word nie. Vandag kan die egpaar met trots terugkyk na 23 jaar van diens aan Meyerton en omliggende gebiede.
Org en Alta het die leisels van Royal Foods in 2019 stelselmatig aan hul drie dogters begin oorgee en groet die Vaaldriehoek binnekort vir ‘n rustiger bestaan in Ballito, waar Org beplan om meer tyd aan hengel te bestee en Alta graag in die tuin wil werskaf.
Onder Org en Alta se leiding het Royal Foods gou gewild geword vir hul hoëgehalte geprosesseerde vleis soos Viennas en Russians, cocktail-kaasworsies, varkribbetjies, varknek en boerewors, droëwors, biltong en salami-stokkies, om maar ‘n paar te noem – en alles teen sakpas-pryse en vriendelike, persoonlike diens.
Die Van Heerdens groet nou al hul jarelange vriende en kliënte en laat Royal Foods oor in die bekwame hande van hul drie dogters, Estie Pieterse, Marelize Viviers en Bianca Odendaal. Dié drie het inderwaarheid in die onderneming grootgeword en ken elke aspek van die besigheid in die fynste besonderhede. Na skool het al drie voltyds by Royal Foods begin werk.
Estie is vandag die hoofuitvoerende beampte en Marelize en Bianca albei direkteure, wat die persoonlike diens en gehalte waarvoor Royal Foods so bekend is, gaan voortsit. Hulle beplan wel om hul eie stempel af te druk met ‘n “nuwe generasie-gevoel” en wil ook graag hul produkreeks uitbrei met ‘n groter verskeidenheid. Buiten dat hulle net so toegewyd soos hul ouers vir Royal Foods en hul kliënte werk, is die dogters ook net so onverbiddelik streng oor gehalte en higiëne. Die onderneming is HACCP-goedgekeur, wat beteken dat hulle aan die hoogste vereistes vir voedselveiligheid voldoen.
Hulle kan ook spog met gesogte toekennings, soos ‘n gerespekteerde voedselbeheer-organisasie se ‘Food Processing Company of the Year’ in 2020.
Kom besoek hulle gerus in Gallowaystraat 46, Sybrand van Niekerk Park, Meyerton. Hul sake-ure is Maandae tot Vrydae van 07:00 tot 17:00 en vanaf 12 Maart gaan hulle op Saterdae oop wees van 08:00 tot 13:00.
Royal Foods se slagspreuk is: ‘Where Meat is the Main Ingredient’. Dit beteken hoëgehalte smulkos vir ware vleisliefhebbers! Kom maak gerus kennis met Royal Foods se span as jy en jou gesin gesond én lekker wil eet!


***********************************************************************************************

