SportSport

Suzuki Griekwas behou Curriebeker-titel

Maak dit twee in 'n ry teen die Pumas.

Die Suzuki Griekwas het gister in Kimberley hul Carling Curriebeker-titel behou nadat hulle die Airlink Pumas met 23-16 in die eindstryd geklop het.

Janco Uys druk die wendrie vir die Griekwas.

Die Griekwas het rustyd met 10-13 agtergeloop, maar het ná rustyd teruggeveg. George Whitehead, wat sy 150ste wedstryd vir die Griekwas gespeel het, het 13 punte met die skopvoet aangeteken.

Mnombo Zwelendaba het die Griekwas se eerste drie gedruk nadat hy ’n los bal opgetel het, terwyl Darren Adonis die Pumas se enigste drie ná ’n onderskep gedruk het.

Whitehead se strafdoel in die 57ste minuut het die telling op 13-13 gebring. Strafdoele aan albei kante het die telling daarna op 16-16 gelyk gemaak.

Vyf minute voor die einde het plaasvervangerhaker Janco Uys die deurslag gegee met ’n drie ná ’n lynstaan-maul. Whitehead het die doelskop oorgestuur om die Griekwas met 23-16 voor te sit.

Die Pumas het in die slotfase nog probeer aanval, maar ’n aangee wat skeef geloop het, het hul laaste poging beëindig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button