VANDERBIJLPARK. – Die Madadeni Streekshospitaal in KwaZulu-Natal is op soek na die familie of vriende van die man op die foto.
Die hospitaal ken hom as Peter du Plessis en reken dat hy tussen 25 en 30 jaar oud is. (Sy naam kan moontlik Pieter wees).
Sover die hospitaalpersoneel kan aflei, het Peter voorheen in Maskewstraat, Vanderbijlpark gewoon en aan Hoërskool Transvalia skoolgegaan.
Hy is vir ‘n geruime tyd by die hospitaal behandel en is nou gereed om ontslaan te word.
Sy familie kon tot dusver nie opgespoor word nie.
Enigiemand wat inligting het wat die hospitaal kan help om hom met sy familie te herenig, kan die Madadeni Streekshospitaal se skakelbeampte by 034 328 8043/8133 kontak, of stuur ‘n e-pos na Madadeni.PRO@kznhealth.gov.za.

******************************************************************************************


