Local newsNewsNews

Opruimingswerk gedoen nadat vragmotor wat skadelike chemikalieë vervoer vrag verloor

Opruimingswerk het Woensdag (27 April 2022) by die kruising van Generaal Hertzogweg en die Vaaldampad (R54) plaasgevind nadat 'n vragmotor wat skadelike chemikalieë vervoer het omstreeks 05:00 sy vrag verloor het.

VEREENIGING. – Die vragmotor was glo besig om die skadelike stowwe na ‘n wegdoeningsentrum vir skadelike stowwe te neem toe die ongeluk gebeur het.

Van die chemikalië het glo in die pad en ook in die stormdreine beland.

Die dreine word tans behandel om die gifstowwe te neutraliseer.

Daar is vrese dat dit skadelik vir wilde diere in ‘n nabygeleë wildkampie kan wees.

‘n Opruimingswerker verwyder skadelike chemiese stowwe in die pad nadat ‘n vragmotor sy vrag verloor het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button