Local newsNewsNews
Mosie van wantroue teen Emfuleni-burgeemeester misluk
'n Poging om die uitvoerende burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Sipho Radebe, met 'n mosie van wantroue uit die kussings te lig het Woensdag (4 Mei 2022) by die stadsaal in Vereeniging misluk.
VEREENIGING. – Altesaam 41 van die raadslede was ten gunste van Radebe se verwydering as burgemeester, terwyl 47 raadslede daarteen gekant was.
Rdl. Gerda Senekal van die Vryheidsfront Plus het die mosie teen Radebe ingestel.
Die mosie is hoofsaaklik deur die Vryheidsfront Plus, die Demokratiese Alliansie en die EFF ondersteun.
Die ANC en hul koalisievennote het die mosie teengestaan.
*Meer inligting en video volg binnekort.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

