News

Ondersteun Annani-sentrum se musiekfees ten bate van gestremdes

Onder die kunstenaars wat gaan optree is Ricky Faber, Jennifer Jones, Carla van Wijk, Mickey, Zander van Wyk, Rene Reichert, Vincent Gordon, Martie & Corne, Jesus se Lappop & Chantell, Adel Music Ministry en die 4shaps Boereorkes.

 

Annani Trauma Sentrum, ‘n nie-winsgewende Vaaldriehoekse organisasie wat omsien na mense wat met ernstige intellektuele gestremdheid gediagnoseer is, is reeds sedert 2002 bekend vir die uitstekende werk wat hulle doen. Die hoofdoel van die organisasie is om residensiële en terapeutiese sorg vir mense met ernstige intellektuele gestremdheid te verskaf.

Gedurende die laaste jare het Annani Trauma Sentrum ‘n baken van hoop geword vir mishandelde en verstandelik gestremde kinders en volwassenes. Hierdie kwesbare mense moet gehuisves word, gevoed, en terug in die samelewing geplaas word.

Annani Trauma Sentrum, soos soveel ander organisasies, is erg getref deur die strawwe ekonomiese klimaat.

Finansiële middele is skaars, want die projek word meestal privaat gefinansier.

Ten spyte van die vele uitdagings wat dit daagliks in die gesig staar, lewer Annani ‘n waardevolle diens aan die gemeenskap van die Vaaldriehoek en omliggende gebiede.

‘n Fondsinsamelingsprojek ten bate van die sentrum word vir vanjaar beplan – nie net om geld in te samel nie, maar ook om bewustheid te kweek vir die kwesbare mense na wie Annani omsien.

Die projek waaraan Annani se span tans hard werk, is ‘n musiekfees wat op 28 Mei by Riviera-on-Vaal Hotel gehou word.

Die wins gaan ten volle na die Annani Trauma-sentrum.

Dit begin die oggend om 10:00 en almal is welkom om te kom aansluit vir ‘n dag vol pret met uitstekende kunstenaars, baie pryse om te wen en heerlike eet- en drinkgoed wat beskikbaar sal wees.

Onder die kunstenaars wat gaan optree is Ricky Faber, Jennifer Jones, Carla van Wijk, Mickey, Zander van Wyk, Rene Reichert, Vincent Gordon, Martie & Corne, Jesus se Lappop & Chantell, Adel Music Ministry en die 4shaps Boereorkes.

Kaartjies kos R80 per persoon (onder 12 jaar gratis) of R220 vir twee kaartjies en ‘n piekniekmandjie vir twee. Kontak Nadia by 074 180 0084.

Die sentrum bedank graag hul borge: Riviera-on-Vaal, Midvaal apteek, Prime Cut slaghuis, Kleinsmit Orthopaedics, Tiremart Vereeniging, Spur Drie Riviere, MF Repairs & Tune-up Centre, Redot Firearms, Creative Talents, Dorp Pub and Grill, Quizicall Game Show, Babsie van Staden, die radiostasies 90.6FM Stereo en IFM 102.2, en Vaalweekblad en Ster as drukmediaborg.

 Die genotvolle Musiekdag word op 28 Mei by Riviera-on-Vaal Hotel gehou. Moet dit nie misloop nie!

Riviera-on-Vaal Hotel se ingang
Ricky Faber is een van verskeie gewilde kunstenaars wat besoekers op 28 Mei by die Riviera Hotel kom vermaak.

***************************************************************************************************

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button