Local newsNewsNews

Berugte vermeende bedrieër weer vas oor bedrog van R4-miljoen

Die vermeende bedrieër Emile de Witt is Dinsdag (24 Mei 2022) weer in hegtenis geneem. Die saak hou verband met bedrog van R4 000 000.00.

VANDERBIJLPARK. – Volgens die privaatspeurder Mike Bolhuis wat saam met sy span gehelp het om De Witt aan te keer, word De Witt in Vanderbijlpark aangehou.

Verskeie bedrogsake word tans teen De Witt ondersoek en sal volgens Bolhuis “gekonsolideer” word.

 De Witt is ook vroeër vanjaar op onverwante aanklagte in hegtenis geneem en het al in verskeie kere in verband hiermee in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

 Die verhoor duur voort.

Emile de Witt praat met sy regsverteenwoordiger, Grant van Bochove in die hof tydens ‘n vorige verskyning in die Vanderbijlpark-hof. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button