Local newsNewsNews
Nog ‘n raadsvergadering ontaard in chaos na mosie van wantroue in burgemeester misluk
Daar is probeer om die burgemeester met 'n mosie van wantroue uit die kussings te lig, maar nadat die mosie misluk het, het die raadsvergadering in chaos ontaard.
‘n Vergadering van die Sedibeng Distriksmunisipaliteit het Woensdag (27 Julie 2022) in chaos ontaard nadat ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, Lerato Maloka, deur die speaker van die hand gewys is op ‘n tegniese punt.
Die burgemeester en die speaker het glo uit die vergadering gestap.
Die mosie is deur die EFF ingestel en deur klein partye wat in ‘n koalisieregering met die ANC is, insluitend die Patriotic Alliance, New Horizon Movement, PAC en Vaal Lekgotla ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
