Local newsNewsNews

Midvaal stuur R10 miljoen-projek van stapel om elektrisiteit aan 453 huishoudings te voorsien

Die projek sal help om elektrisiteit na 453 huishouding te bring.

Die Uitvoerende Burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, en Midvaal se burgemeesterskomiteelid vir ingenieursdienste, rdl. Reginald Hubbard, het onlangs die Elektrifisering van Savanna City-projek van stapel gestuur.

Die projek sal elektrisiteit aan 453 huishoudings in die gebiede van Moreki en Marothong bring.

Volgens ’n persverklaring wat deur die kantoor van die burgemeester uitgereik is, is die elektrifiseringsprojek ’n direkte reaksie op die gemeenskap se behoefte.

“Die verskaffing van elektrisiteit is nie alleenlik een van die basiese menseregte nie, dit is ook ’n versneller van ekonomiese groei en werkskepping in die gebied,” sê Teixeira.

Werkers besig om slote te grawe sodat elektriese kabels gelê kan word. Foto: Verskaf

’n Begroting van R10-miljoen is aan die projek toegeken en die projek behoort teen die einde van 2022 voltooi te wees.

“Danksy die munisipaliteit se proaktiewe beplanning het ons die nodige toerusting, insluitend 500KVA mini-substasies en elektrisiteitsmeters, reeds verkry.

“Dit het die departement van minerale en energie genoop befondsing vir hierdie projek vir die huidige finansiële te toe te ken.”

“Die projek sluit in by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se belofte om uitstekende dienste aan die mense van Midvaal te bring.

“Ons luister na die mense en los uitdagings deur innovasie en kreatiwiteit op,” sê Teixeira in die verklaring.

Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, spreek inwoners van Savanna City toe tydens die bekendstelling van die elektrifiseringsprojek. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button